Boek 6 - Die Voorloper in jou
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

 

Hoofstuk 5

Vreugde as voorloper van Krag in jou

4/5/09

Nêrens is groter vreugde te vind as tussen gemeensaamheid van gelowiges nie. Die herkenning van Lig in andere rondom jou is die grootste vreugde as jy hulle binne My vind. Ek is die Liefde van elkeen wat na My gekeer het en daarom is die herkenning van elkeen wat My eerste vind in hulleself, die Vreugde van die Skepper oor die skepsel of verlore seun wat sy weg terug gevind het na die Vaderhuis.

As jy die feesviering van die familie beleef in herkenning van My huislede, sal jy die vreugde van My beleef in die skepping van My volk. Ek is die Enige en Grootse Maker wat meer en meer versamel in My Huis en aan hulle vreugde gee as eerste gawe van Bo. Herken My dus ook in ware vreugde. Sodra jy die vreugde van Bo deel maak van jou daaglikse wandel deur nie versteur te word uit jou vrede en rus van Bo nie, sal jy blywende krag in jou vermeerder. Handel volgens die Woord in jou hart, in gehoorsaamheid aan My Orde en jy sal die Vreugde en só ook die Krag deelagtig word. Amein.

Hierdie riglyne is gegee om jou nader te trek aan die Kern van ontwikkeling in die Gees, dus nader aan My. EK IS die spreker wat jou deur die Gees hierdie leesstof bring om te vra dat jy jou weë rig op die Weg van Apartheid en Rus alleen. Wees nie afgehaal deur andere se onvanpaste en snedige houdings nie. Bly apart deur jou vreugde wat jy in My gevind het te bly uitstraal. EK IS Liefde en sal jou oneindig versterk as jy My daarom vra. Die Krag is die belangrike bron van al jou werk in My diens en daarom sal die Krag jou verlustiging bly as jy deur die deur van Vreugde My vermoëns deelagtig word. Seën ander in My Naam, al is dit net in die stilte van jou hart, as eerste stap tot vreugde. Beloof elke dag jou weg aan My as tweede stap tot vreugde in jou hart. Laastens – hef jou hande op na Bo, dit beteken, laat jou dade die van My wees deur raadpleging van die Gees, oorleg met Wysheid en uitvoering in Liefde en jy sal die volkome vreugde deelagtig wees. Pas jou handelinge van Bo ook en eerstens toe op jouself deur te let op respek en Liefde aan jou eie liggaam en siel. Jy mag niks te na kom nie. Slegs dan eer jy My ten volle. Amein.

 

 

Hoofstuk 6

Die Waarheid en die Lewe

Ek is beide die Waarheid en die Lewe. Ek is ook die Liefde. Daarom sal jy deur die Liefde die Waarheid ontsluit en ewig Lewe en dit is net te kry as ‘n Barmhartige gawe van My aan jou, My kind en Vrou. Waarom sal Ek dan meer wil verduidelik oor dié twee Woorde?

Ek wil aan jou geheimenis op geheimenis openbaar en daarom lei Ek jou met hierdie reeks stuk vir stuk in die basisbegrippe in. Oneindig is die verduidelikings, soos Ek, want oneindig saamgestel en opgeneem in weses is hierdie begrippe tot verligting van siele op alle vlakke. Versoening het Ek, Jahshua, aan die vloekhout op Golgota bewerk vir elkeen wat in ootmoed homself terugkeer na My en My Woord. My Woord staan egter al van die oerbegin af en word telkens net in ander vorms vervat vir duideliker geestelike begrip aan elke nuwe geslag of skepping. Soos wat die voorbeelde van die tempel en hemelse orde in vorige tye na die beeld van die hemelse ingestel en uitgevoer is, laat Ek dit ook nou instel en uitvoer in die volk, na die voorbeeld van die hemelse, net meer toepaslik vir die nuwe kulture waarmee huisgehou word. Alle oortredings bly dieselfde, maar die wyse waarop dit gedissiplineer word, verskil na gelang van die geestelike ontwikkeling van die nasie waaronder Ek spreek. Amein.

Jou geestelike ontwikkelingsgang bepaal dan ook die orde wat Ek aan jou openbaar en só bly jy binne My orde van waarheid, maar jy raak net dieper ingelyf in die geestelike Lewe, sodat jy nie vasgevang lewe nie, maar vry om te ontwikkel in My diens en rus. Ek is die Weg wat jy moet bewandel tot volkome Vryheid, dit is ook tot volkome gelykwor­ding met My, maar dit is nie moontlik sonder die Liefde nie. As jy dus gebind voel, is daar ‘n mate van liefdeloosheid wat jy moet oorkom om te verstaan hoe My orde nie bind nie, maar bevry. Jy is deel daarvan, leser en jy moet My slegs liefhê in alle Lewe rondom jou om die vryheid van die skepping in te sien. Jou keuses maak jou net so vry as wat jou liefde jou toelaat.

Amein.

 

Hoofstuk 7

Die voorloper in jou as wegbereider vir Jahshua

5/5/09

Hiermee is die werk dan voltooi, wanneer jy besef hoe die voorloper, naamlik, die EliJah of Krag in jou, die wegbereider is van die volkomenheid van My Wese in jou. Jy kan dit slegs deelagtig raak deur die pad van EliJah te stap en sodoende die Weg vir My te berei. Ontsluit die Krag van Bo in jou, wat opgesluit is in die geestesvonk wat Ek in jou geplaas het, want My sterfte het dit moontlik gemaak om weer jou aarde oop te breek, sodat die Hemelse Lig daardeur kan skyn.

Drink My Wyn, dit is Liefde, en wees ‘n doper in My Naam om andere die Weg van My te vertel. Deur My te seën in jou, deur volmaak volgens My Wil te lewe, doop jy jouself in My Bloed en is jy gewas om die kleed van die Apartes deelagtig te wees. Liefde is die begin en Ek, Jahshua, is die Einde. Jy word net daardeur volkome wedergebore.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205