VIR DIE BEGINNER. DIE GELYKENISSE VAN JESUS
MARIETHA NEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

Vir die beginner. ‘Die gelykenisse van Jesus’.
1 Saterdag, 17 November 2007 om 19:33
Hoofstuk 1
MY kinders, EK wil nou vir sommige van julle die gelykenis van die saailand uitlê; 
Die saailand is die wêreld, die bose saad is die mense wat niks van MY wil weet nie en hulle met duiwelsgoed besig hou. Die goeie saad is die kinders van die Lig wat hulle besighou met MY werke. Dit is wat julle weet en daaronder verstaan, dis ook reg, maar nou openbaar EK vir julle iets van julleself.
Jy is die land waarin EK goeie saad saai, en MY werke is die goeie vrugte wat almal sal kan sien. Die vrugte is ook die liefde wat jy deur jou handelinge bewys.
Die satan saai ook sy saad in jou ontvanklike hart, en daaruit kom twis, jaloesie, toornigheid en baie ander booshede. Nou dat EK julle dit gesê het, moet julle daarop let, en julle sal sien MY woorde is GEWIS.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205