VIR DIE BEGINNER. DIE GELYKENISSE VAN JESUS
MARIETHA NEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

Hoofstuk 3
Sondag, 18 November 2007 om 20:03
Die gelykenis van die huis op die rots;
Vir julle word vertel dat die huis op die rots jou geloof is. Het julle al mooi daaroor gaan nadink? Julle is so maklik tevrede met die uitleg wat die wêreld van MY geskrifte gee.
EK gaan julle nou in dié waarheid inlei; EK is die liefde. Die liefde is ‘n rots wat bly staan, want liefde vergaan nooit, geloof vergaan, maar elke liefde bly staan. Hetsy liefde vir MY, of liefde vir die wêreld. Geloof is reg as jy eers jou hart opgewek het deur liefde. Sonder dat jy MY liefhet, het jy nie geloof nie. Hoe kan jy geloof hê in iemand wat jy nie liefhet nie?
Het MY net lief, klink MY stem op en dan sal jy geloof hê soos ‘n kindjie. Kindertjies het net lief en daarom glo hulle geheel en al en daarom is kinders deur MY geseën. Verstaan julle nou MY gelykenis? Liefde is die rots, as jy MY liefhet, sal geen stortreën jou laat val nie, want dan is jy in MY hand.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205