Boek 7 - Die Ryk van die Lewe
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

 

Deel 4

Woord uit My

Groen, die kleur vir Geloof

My volk, die roepstem van julle Verlosser, Jahwéshua, is gegee. Die keuse lê by jou of jy gehoor gaan gee om tot die Wese van die boek Openbaring, te omvorm. Ek sal jou rig en lei op daardie pad. Glo maar en vertrou en stap die pad vir My. Amein.

My Woorde

Deur JaHshua aan Nalize gedikteer op 12/5/09

Die Waarheid van My Woord is ewig en Ek doen al My Woorde gestand, hetsy dit ontvang is in die vlees of in die Gees. Die waarnemer se oog en oor moet net gerig wees op My om te begryp hoe die woorde waar word. As jy daarom iets lees wat nie een­stemmig is met die res van die Skrif en geskrifte nie, maar jy het van My ontvang dat daardie Woord is, wat nie uit ‘n mens kom nie en wel van My afkomstig is, dan hoef jy eerstens nie lank daaroor te tob nie, maar My self te kom raadpleeg daaroor en tweedens moet jy dan die geestelike oneindigheid van alle bestaan in ag neem, waarin die geskrewe Woord waar sal word.

Hierdie geestelike oneindigheid strek ver verby die mens se ontwik­keling en verstand. Die kroon van die aardse skepping is die Mens as wese met ‘n eie wil om te kies hoe hy die Lewe wil benut. Die enigste bestaan wat ná die aardse voorlê, is egter geestelik, soos die lewe in alles wat bestaan voorstu om omhoog te vorder. Die mens se keuse moet dus aangewend word om hom ‘n plek in die oneindigheid te besorg of die deur na die nuwe ontwikkelingsvlakke oop te sluit. As die mens hom nie deel maak van geestelike denke en groei in sy aardse bestaan nie, sal hy sterf en hier in geestesvlakke van duis­ternis ronddwaal, waar hy met sy eie soort, in onkunde, sal saamleef, totdat hy glo en streef na iets groter en oneindig. Die Mens wat egter gevorder het in die Gees om reeds te glo en te ontwikkel in diens van die oneindige Godheid, sal werk aangebied word op verskeie plekke, afhangend van sy/haar geestelike vorderingsvlak. Hierdie werk is ook altyd veranderend, na gelang van die geestelike groei van die gees. As die gees totaal met My verenig het, sal die werk van die gees op alle ingeslote vlakke moontlik wees en sal die gees ook My Leer verteenwoordig waar hy hom– of haarself bevind.

My bedoeling met hierdie reeks was om jou, leser, trapsgewys te verwelkom in die oneindige geestelike bestaan, waar My Woorde en Werke Lewewekkend is. Jy kan verenig met My deur al die stappe te volg wat uiteengesit is, en deel word van die Ewige Heerskappy wat nooit ophou groei nie, of jy kan voortgaan met jou aardse lewe en strewes en op ‘n latere stadium besef dat hierdie geskrifte Waarheid is. Jy is welkom om My in Liefde te bly bemin, soos wat jy My geken het, maar die feit dat jy nie besef wat EK werklik IS nie, beteken nie dat My Wese nie IS wat dit IS nie. Ek het My Wese aan jou uitgestip en verwelkom jou vir volwaardige diens in My Ryk, reeds op aarde. Amein.

Alles om jou Lewe, al lyk dit doelloos en dood. Lewe jy ook? Amein.

Hierdie is jou bewussyn van wat was, is en sal wees. EK IS.

Amein

Die sketse waarna verwys word kan afgehaal word by die volgende adres.

http://www.nuweopenbaring.co.za/uploads/ftp/Custom_Images/Prente_Internet.jpg

 

 

 

 

 

 

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205