Boek 7 - Die Ryk van die Lewe
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

 

Deel 3

Versoening met My

Blou, die kleur vir Vrede

Waar is Ek te vinde, sodat jy met My kan versoen? Waar is die egtheid van My Wese vir jou bereikbaar? Jaag die Vrede na en jy sal die antwoorde hierop vind. Ek is die enigste wat jou kan bring tot rus, want net buite die sfeer van vervolging, naywer en hoogmoed KAN jy vrede ervaar. Maak My beeld egter lewend in jou, deur die poorte aan jou getoon en jy sal die draer van Vrede word vir elke smagtende siel. Amein.

My beeld

Deur JaHshua aan Nalize gedikteer op 11/5/09

My geliefde wat die Woord in jou opwek tot Lewe in My: Die ware beeld van ootmoed straal uit jou gesig, omdat jy waaragtig is aan die vonk van Liefde in jou. Soek maar net daar waar jou hart jou heen laat neig om My teenwoordigheid die hele tyd te voel en jy sal besef – Ek het vir jou gekom. Is My koms dan onverwags? Nee, jy werk of arbei om MY te vind, dus is My koms ‘n verwagte openbaring op My tyd. Jy sal vrede ervaar in die wete dat Ek jou bearbei en verlig, wanneer jy lankmoedig die oomblikke aanvaar, soos wat Ek dit toelaat om te vloei. Leef so, as Ek, in Mý tyd déúr jou wese of persoonlikheid.

Niks is groter as die dade van die regskapene in My orde, wat tot Lewe wek nie. Amein.

Die Vierkleur in jou

Deur JaHshua aan Nalize gedikteer op 28/03/09

Die daadwerklikheid van Liefde lê in die vierkleur. Die kern is die reinheid van jou liggaam, siel en gees in die daad (WIT). Die toppunt is die Liefde (ROOI), want daarsonder is die daad nie daadwerklik nie. Die basis is die Koningskap en vrede (BLOU), want sonder jou wete van herkoms of identiteit, het jy geen dryfkrag om lief te hê, skeppend te wees of daadwerklik jou naaste te dien nie en laastens omvou GELOOF (GROEN) al drie, sodat jy met vertroue, in teenstelling met selfvertroue, die daad afhandel in die werklikheid. Dáár waar Ek in die Gees deur jou handeling en geloof die ware uitkoms bewerk. Vertrou My. Amein. Hierdie is om in My Wil te handel.

My kudde, die Liefde van My Skepping, wees gereed om waardig aan My werke, julle taak te verrig. Wees eerste om die Liefde (ROOI) in jou te herontdek, wees eerste om reinheid (WIT) uit te straal en eerste om vrede (BLOU) te bewerk, dan sal jou geloof (GROEN) uit jou werke spreek. Amein.

Die Vierkleur sál weer wapper!

 

‘En moet jul val, val dan met eer,

met die oog op die vyand toegekeer;

val op die grense, man en perd,

die oue Vierkleur is dit werd,

en die eerkroon wink al uit die vert.

Val burgers, val dan bymekaar -

die Vierkleur is weer in gevaar!

‘Maar eens herleef die nasie weer,

waarvan ek sterwend profeteer.

Eens word die grys-blou heuwels klein

as God alleen weer groot verskyn!”

(Totius uit Trekkerswee)

 

Die Bloed vlag

“Die volk sal dinge in sy eie hande neem, en die wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. Dan sal daar ‘n groot stilte heers net voor die storm wat geweldig maar kort van duur sal wees. Daar sal een emmer bloed omval en daarin sal ons vlag gedoop word en die bloedvlag sal dan wapper oor ‘n vrye volk”. (Profesie van Siener van Rensburg uit "Die Vierkleur sal weer wapper" van AWG Raath)

 

Vanuit die voorafgaande kan ons sien dat die Vierkleur `n baie sentrale rol speel in beide die geestelike en die fisiese fasette van ons Boerevolk. Ons volk, die Boerevolk, as eindtydgetuies van JaHWeH, se geestelike roeping word uitgebeeld deur die Vierkleur in onsself, naamlik die liefde, die reinheid, die vrede en die geloof wat lewend in ons sal moet wees. So staan ons ook onder die vlag met hierdie kleure, wat ook `n geskiedkundige Bybelse inslag het.  Dit verleen `n baie dieper betekenis aan profesieë rakende die Vierkleur. Dit sal ons dus loën om verder na die geskiedenis van die Vierkleur te gaan kyk, om die band tussen ons Boerevolk met die ou Israelvolk van die Skrif te vind. Die teenstander, Satan, dra ook kennis hieroor, en dit kan  gesien word aan die kleure van die nuwe vlag van Suid-Afrika.

 

Geskiedkundige oorsig

Nadat Isak die twaalf seuns van Jakob in Genesis 49 geseën het, was elke seun se seëning later in `n persoonlike embleem vervat. Elke seun se nageslag, wat toe stamme genoem is, het ook hul stamvader se embleem as hul veldteken of vaandel aangeneem. In Numéri 2:2 word die Israelvolk (die twaalf stamme) in die woestyn beveel om by hul vaandels en veldtekens te kamp, elke stam volgens sy eie teken.

Num 2:2 Die kinders van JisraEl moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van die huis van hul vader; op 'n afstand rondom die Tent van Samekoms moet hulle laer opslaan

Verder was die twaalf verdeel in vier hoofgroepe. Die vier hooftekens met hul kleur agtergronde was as volg:

Leeu    met      rooi     agtergrond

Man     met      wit       agtergrond

Arend met      blou    agtergrond

Os       met      groen agtergrond.

Hierdie vier hooftekens wat die twaalf stamme op aarde in vier hoofgroepe verdeel het, was `n afbeelding van die hemelse en in Esegiël 1 en in Openbaring 4 vind ons die volgende:

Esg 1:5 ..... En uit Haar midde het die gestalte van vier Wesens gekom

Esg 1:10 En die voorkoms van hulle gesigte het gelyk soos die gesig van 'n adamiet; en al vier het die gesig van 'n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van 'n kalf aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van 'n arend gehad.

Op 4:6 en voor die Troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die Troon en rondom die Troon vier lewende Wesens vol Oë van voor en van agter.

Op 4:7 En die eerste lewende Wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende Wese was soos 'n kalf, en die derde lewende Wese het 'n gesig gehad soos 'n adamiet, en die vierde lewende Wese was soos 'n arend wat vlieg.

In die boek van Henog 40 sien ons dat hierdie vier Wesens, die ware  van die hemelse, dan ook niemand anders is as die vier engele van God nie.

8 ....... Wie is hierdie vier Wesens wat ek gesien het en wie se woorde ek gehoor en neergeskryf het?

9 En hy sê aan my: Die eerste is MikaEl, die barmhartige en lankmoedige. En die tweede, wat aangestel is oor al die siektes en al die wonde van die kinders van die adam, is RafaEl, en die derde wat oor al die Kragte aangestel is, is GabriEl; en die vierde, wat aangestel is oor die wat berou het met die hoop dat hulle die Ewige Lewe sal ontvang, se naam is FanuEl.

10 En hierdie is die vier Boodskappers/Engele van die Elohey/God van die Geeste en die vier Stemme wat ek in daardie dae gehoor het.

Hieruit kan ons dus aflei dat die vier kleure, sowel as die vier embleme hierbo genoem, baie Skriftuurlik-fisiese en –hemelse simboliese betekenis het. Hierdie simboliek kom dan ook voor in die Boerevolk van Transvaal se landsvlag EN hul landswapen (sien skets hiernaas).

Op 6 Januarie 1857 word die Vierkleur gehys in Potchefstroom op Kerkplein. Hierdie vlag, sowel as die Transvaalse landswapen, was ontwerp deur Ds. Dirk van der Hoff, `n Hollandse predikant wat in 1853 in Transvaal aangekom het. Daar kan geensins twyfel wees dat hy deur `n Hoërhand geïnspireer was met die ontwerp van beide nie.

Hierdie wapen en vlag simbo­liseer ook die versameling van die verstrooide volkere van Israel na Suid-Afrika aan die eindtyd (Sefanja 3). In vorige boekies in hierdie reeks is daar reeds oor hierdie versameling van volkere geskryf. Let op na die embleem van ou Israel en kyk na die ooreenkomste met die Transvaalse wapen. In die Transvaalse landswapen is die os vervang met `n ossewa en die anker (JaHshua) het bygekom.

 

Konflik met Satan se vlag

Wanneer ons egter verder na die nuwe vlag van Suid-Afrika kyk, sal ons sien dat die ontwerp baie spesifiek gekies was om `n simboliese boodskap uit te dra, naamlik die vernietiging van die Vierkleur vanuit die linkerkant met `n swart assegaai met `n geel rand. Hierdie spesifieke kleur assegaai kom ook op die PAC-kommuniste se wapen voor. Die penetrasie van die swart (duisternis) vind plaas deur die geloofsbaan (groen) en dring deur tot in die wit baan (reinheid/blankheid) om sodoende `n vlag te vorm met ses kleure.

Met die oorname van die Boerevolk in 1994 deur `n kommunistiese swart regering, gefinansier en aangehits deur die wêreldmagte onder Satan, is dit dus duidelik vanuit hul nuwe Suid-Afrikaanse vlag dat hulle beoog het om die geloof (groen) en reinheid (wit) van die Boerevolk te vernietig, daarna hul liefde (rooi) vir hul Skepper en om uiteindelik die vrede (blou) weg te neem wat in ons land geheers het toe God nog geëer was deur die Volk.

Uit al hierdie inligting is dit dus duidelik dat die Vierkleur wat weer sal wapper oor `n vrye volk, beide `n geestelike en fisiese betekenis het. Geestelik gesien sal wedergebore Boere en Boervroue, geanker in JaHshua, met al vier die kleure lewend in hul harte, as geestelike leiers van die Boerevolk, betrokke wees met die uiteindelike ver­sameling van die verstrooide Israel na Suid-Afrika onder die Vierkleurvlag. Fisies gesien sal dit eers plaasvind nadat God ons as vrye volk opgerig het onder die Vierkleur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205