Boek 4 - Jou Kruisiging
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7.

 

Deel 4

Oor die sewe Geeste se werking in jouself

Van JaHshua aan Johan op 14/4/09

Die Gees spreek: "In Liefde het ons ontwaak, in Barmhartigheid met baie Geduld dien ons vir Jahshua en is ons besig om in sy Wil oor te gaan. Mag ons dit met Erns bereik, sodat ons dan Orde kan skep en dit handhaaf om in Wysheid te gedy.

1             Ontwaak                             Liefde

2             Skep                                     Lig                                          = Elohim

3             Gedy                                    Lewe."

Rom 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

Rom 8:6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

JaHshua spreek: "In `n liefdevolle vreedsame gedeelte in jou aarde (hart) sal jy lewe en werk, waar My Gees die leidende party is in Liefde, om die geestelike honderd persent suiwer oor te dra aan My honger volk wat nog vleeslik handel. Die tragiese gebeurtenisse is op hande wat skrikwekkende gevolge gaan hê! Nou moet julle volhard in gebed vir julleself en die volk. Al lyk dit nie so nie, is Ek ten volle in beheer oor My totale skepping. Liefde herken Liefde en My Liefde vir julle is oneindig. Jahshua, met Liefde. Amein.”

JaHshua spreek op 24/4/09

Die Gees spreek”: ”Met Sy Liefde en Almag kan ons nie anders as om te oorwin nie, met Sy Barmhartigheid en Geduld is daar redding vir ons en die volk. Dankie Jahshua.”

Rom 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

Rom 8:36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

Rom 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

“Ja, julle is oorwinnaars en sal aanhou wen met My Liefde, Geloof en Lig en is baie naby aan die doel om te Lewe in ‘n ongeëwenaarde vrede, in My Ryk en Orde van Liefde. Julle Man Jahshua, met al My Liefde vir julle. Amein.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205