Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VERKLARING EN AANVULLING INSAKE (AARDROTASIES- AARDSKOKKE) B.D. 4348
26 en 27 Junie 1948
Verklaar vir uself die proses as volg: Hoe vinniger die aarde haarself beweeg, des te korter is die tydsduur wat sy nodig het vir `n omwenteling en des te sterker word die druk van die lug wat sy deur haar omwenteling in werking stel. Normaal gesproke sou daar lugdruk op die aardoppervlak bemerk moet word, wat egter nie die geval is nie. Dus vind hier reeds `n afwyking van die natuurwette plaas wat nie wetenskaplik te verklaar is nie, waaruit weer volg dat, die natuurwette wat hier vir die aarde geld, hulle geldigheid verloor. Tog het elke wenteling `n uitwerking op die oppervlak van die aarde in soverre dat `n lagie daardeur gevorm word wat die eintlike voedingsbodem vir die plantegroei is, sodat `n voortdurende tot lewe bring van die aardoppervlak dus slegs moontlik is deur die voortdurende rotasie, deur die voortbringing van `n krag wat op die bodem inwerk, dus homself nie na binne toe versprei nie en wegstroom, maar van buite af.
Hierdie krag is lewewekkend, dit kan egter nie deur die menseverstand verklaar word nie, juis omdat dit buite ons (natuur) wette ontstaan en ook `n uitwerking het wat buite die wette val. Sou die aarde haar snelheid stop, dan sal al die lewe op haar verstar, maar andersyds kan `n verhoogde snelheid, `n abnormale groei bevorder, maar ook dieper in die binneste van die aarde binnedring en daar uitbarstings laat ontstaan wat die kern van die aarde in gevaar sal bring en haar voortbestaan op los skroewe plaas.
Van so 'n verhoogde snelheid is nou teenwoordig ook melding te maak en dit sal ook spoedig merkbaar word in haar uitwerkinge. Sou die laaste uitwerking nou verhinder word, dan moet die oortollige krag `n arbeidsterrein vind, dit moet hier en daar eksplosief werk, wat dus in die vorm van `n natuurkatastrofe sal plaasvind. Daardeur sal die omwentelingsnelheid (van die aarde) ietwat afneem, die voortgebringde krag sal nou weer nuwe voedingsbodems vind wat hulle tot lewe kan bring met plante en diere en in `n kort tydjie sal die bestaan van die aarde weer verseker wees, tot wanneer daar deur menslike wil, kragte in werking gestel word wat nog nie heeltemal deur die mense deurgrond is nie en dit sal `n alles verwoestende uitwerking hê, omdat hulle in `n sekere sin as teenkragte te bestempel is, dit wil sê, wat van binne na buite werk en die teen mekaar inwerking van beide kragte totale verwoesting beteken, wat die mense wel vertel word, maar wat nie deur hulle begryp kan word nie.
(27 Junie) Geestelik gevorderde wetenskaplikes sal die proses maklik vir hulleself kan verklaar, want hulle staan nie meer so ongelowig teenoor `n werksame sy van natuurkragte wat buite ons wette val nie, omdat vir hom die sfeer buite die aarde `n gebied is wat nie met aardse verstand deurgrond kan word nie, omdat dit anders is as wat vir die aarde geldende natuurwette geld.
Elke hemelliggaam is `n wêreld op homself en in elke hemelliggaam word die Liefdeswil van God anders geuiter, omdat ontelbare gedagtes van Hom gerealiseer word deur Sy Mag en Krag en elke gedagte getuig van die diepste Wysheid. Menslikerwys gesproke kan so 'n veelvoudige verskeidenheid van die skepping van God nie bestaan nie, daar die voorstellingsvermoë beperk is. Maar by God is daar geen beperking van Sy denke en geen belemmering van Sy krag om te skep nie.
Dat die mens nou, die bewoner van een van die ontelbare skeppings van God, Sy bestuur en werksaamheid op verstandelike weg heeltemal sou kan deurgrond, is volledig uitgesluit, want wat vir hom onmoontlik skyn te wees, maar wat vir God steeds moontlik is, wys hy dadelik af. En so kan die aarde wel in haar beweging, in haar loop en haar gesteldheid, na `n bepaalde tydmaat, bereken en ondersoek word, maar steeds in soverre as wat die, vir die aarde geldende natuurwette wat aan die mense bekend is, toegepas kan word. Bokant dit faal sy kennis en verstand.
Daar is egter `n "van bo af", wat anders is as die aardse wetenskap waar ook presies sou kon vasgestel word wanneer, in welke vorm en deur welke aanleiding die uiteindelike verwoesting van die aarde homself sal afspeel. Maar om dit vas te stel is hulle nie in staat nie, waarmee die bewys egter nie gelewer is dat die verwoesting van die aarde nie sal plaasvind nie.
Hier word die geloof teenoor die wetenskap gestel. Wie die wetenskap hoër aanslaan, ontken wat die geloof bevestig. God kondig die einde van die tydperk van die aarde aan, Hy kondig `n totale verandering van die aardoppervlak aan met die vergaan van alle lewe daarop, in en bokant die aarde. Die proses is vir die wetenskap totaal onbekend, wat dus daarop wys dat `n werksame sy van God buite ons natuurwette gaan plaasvind, weliswaar nie buite ons natuurwette wat van Hom uitgaan nie, egter wel vir die mense aan wie alle kragte nie so bekend is dat hulle so 'n gebeurtenis sou kan meld of bereken nie. Sulke ondersoeke moet op die fondament van die geloof verrig word, as hulle resultate volgens die waarheid wil oplewer. Alleen dan is die gebied ook vir die ondersoekers toeganklik wat andersins vir die mense geslote bly, want dan staan geestelike medewerkers hom by en hulle gee hom opheldering, dan kan hulle ook insig kry in die verlossingsplan van God en baie sal vir hulle begryplik en aanneembaar wees, wat die verstand andersins sou moes verwerp.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205