|
Boek 6 - Wat die wêreld te wagte staan BERTHA DUDDE
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21. |
|
|
VIR GOD IS `N DUISEND JAAR SOOS `N DAG BD 6479 - 18 Februarie 1956 Nog ewige tye sal verbygaan totdat alle skeppingswerke, die gehele materiële wêreld, wat die onverloste geestelike in homself dra, opgelos kan word, totdat al die materiële homself vergeestelik het en totdat al wat onvolmaak geword het, weer die volmaaktheid bereik het. Ewige tye sal vergaan. Maar vir God is duisend jaar soos `n dag, want Hy is van ewigheid tot ewigheid, vir Hom is hierdie tyd ook soos `n oomblik. Maar vir die onvolmaakte geestelike is dit eindelose tye totdat die volmaaktheid weer bereik is, maar dan sal die tyd van die terugkeer ewe-eens as `n oomblik voorkom. En so sal u mense getroos kan glo dat, ook die aarde, nog ewige tye sal bestaan om haar groot taak te vervul, naamlik om die mense te help om die kindskap van God te bereik, u sal kan glo dat mense steeds weer die aarde sal bevolk en dat bygevolg daar van `n "einde" van die skeppingswerk van die aarde nog lank geen sprake is nie. Maar dat die aarde steeds weer verander sal word, dit wil sê. Hernu sal word, dat sy steeds weer herstel en in staat gestel moet word om haarself van haar taak te kan kwyt en dat dit steeds in bepaalde periodes sal afspeel, sal u netso oortuigend kan glo, hoewel die ontwikkelingsproses ook nog lank nie voltooi is nie en u nie van `n ondergang van die wêreld sal kan praat as u `n, totaal ophou van die aardse materiële skeppings, daaronder verstaan nie. Nog wag oneindig baie geestelike vurig op hulle verlossing, nog is die eens gevalle geestelike slegs vir `n baie klein gedeeltetjie verlos en het teruggekeer na God. Nog bevind die grootste deel hulleself in die oordeel, dit wil sê, hulle is gebonde in skeppings van allerlei aard. En al die gekluisterdes moet nog die stadium van mens bereik en moet hulleself dus as mens op die aarde beliggaam. En daarom sal die aarde steeds weer opnuut verrys, wanneer so ’n ontwikkelingstydperk aanbreek, maar steeds beteken dit die verrys van `n nuwe aarde tot die totale omvorming van haar aardoppervlakte, en `n einde vir die mense wat die aarde bevolk, op enkeles na, aan wie die gang oor die aarde die rypheid opgelewer het. En daarom moet ook `n ophande synde einde dus vir die mense aangekondig word, wat aan hulle begryplik gemaak moet word wat daaronder te verstaan is; omdat hulle nie `n beëindiging van die hele wêreldskepping wil en kan glo nie en u nie hulle argumente hieroor sal kan weerlê nie. Maar vir die mense is dit onbelangrik of `n ondergang van die wêreld moontlik is. Hulle moet hulleself alleen met die gedagte vertroud maak dat die einde vir hulle self gekom het, dat die hemelliggaam aarde `n omvorming ondergaan, waarvan die mense die slagoffers sal word, ook wanneer daar nog ewighede sal vergaan totdat die aarde haarself eens volledig vergeestelik sal hê. Nog het die tydstip nie gekom nie en tog staan die mensdom voor die einde, omdat `n verdere ontwikkeling van die geestelike volgens die gegewe ordening, op die aarde `n ontbinding en nuwe omvorming van die skepping vereis en sodanige gebeurtenisse steeds in bepaalde periodes sal plaasvind. Die kennis kan slegs op geestelike wyse aan die mense oorgebring word en daarom sal dit nouliks geloof vind. En dit sal des te minder geglo word, hoe meer dit na die einde loop, omdat die ontbreking van insig van die mense ook `n teken is, dat die positiewe ontwikkeling van die geestelikheid op aarde ontbreek, dat die mense nie meer die graad van rypheid kan bereik wat hulle moet en ook sou kon bereik nie, aangesien hulle andersins begrip vir die verlossingsplan van God sou gehad het. Nog vir ewig sal die aarde `n skolingsplek bly vir die ergste gevalle geestelike, maar wat steeds weer opnuut herstel en in staat gestel moet word om volgens die goddelike verlossingsplan die geestelike tot rypheid te bring. En steeds weer sal nuwe mensegeslagte die aarde bevolk, want God Self bring die mense na die nuwe gevormde aarde, uit wie sulke geslagte moet voortkom wat aan die einde van `n verlossingsperiode naby aan hulle volmaaktheid staan, sodat elke tydperk weer opnuut sal kan begin in die volste harmonie met God en die strewe na die verenging met Hom en daar word ook steeds die waarborg gegee dat die mense tot volmaaktheid sal kom, dat hulle as saliges hulleself soos die geeste wat in die lig beland, weer na hulle Vader van die ewigheid sal terugkeer. Amen
|
|
|
|
|