Hoofstuk 3
Geen aardse bewerker sal sorgeloos wees as panga’s en krete die lug oorheers. Ek sal in Liefde en teerheid alomteenwoordig wees, vir elke hart wat roep uit ontsag en smeek dat My oordeel net nog bietjie moet wag.
Ek dra nog altyd My sterkte, gereed om skuiling te bied en te ontruk uit leed. Ek sal nie My skanse ‘n duim laat sak oor ellendiges wat in liefde na asem snak. Ek bly die troue herder, die Maker en alom sal Hemelse gesante en Engele in diens naderkom. Amen.