Die Watermerk
Die vierde en laaste druk van Die Boek van Herinnering het presies 880 bladsye. Numeries is dit 8+8=16 en 8x8=64.
Dit is Bloedrivier se numeriese waardes, want die dag
van die slag was op 16 Desember, daar was presies 64 waens
en 464 Boere het die Gelofte in 1838 afgelê. Ook was die laer in die vorm van `n D, wat die 4de letter in die alfabet
is.
Ons is gelei om te gaan kyk na
die 16de boek in die Boek
van Herinnering, wat die boek 2 Makkabeërs is,
en wat direk
aan ons geskryf
is wat aan die eindtyd in Egipte (Afrika) sou wees.
Die bladsy waarop die boekrol begin is 385, wat weereens optel na 16.
`n
Pragtige versteekte stukke waarheid vind ons egter
in hoofstuk 12 vers 16.
12 staan vir die maand
en 16 vir die dag wat die
slag plaasgevind het, naamlik
16/12/1838.
16
Omdat dit die wil van Elohim was, het hulle die stad ingeneem. En hulle het so ‘n onbeskryflike slagting aangerig,
dat dit gelyk het of die nabygeleë meer, wat twee stadiums breed is,
met bloed gevul is.
Wat is die numeriese kans dat
so `n vers op so `n syferwaarde
kon beland?
Hier word `n veldslag beskryf waar die bloed in die water geloop het,
600 jaar VC en word so geplaas
dat ons
duidelik die Bloedrivier veldslag daarin kan sien wat
aan die einde van die tye met die Boerevolk sou plaasvind,
waar
die bloed van die Zoeloes
in die Ncome rivier gestroom het. Vir enige verdere
skeptici verwys
ons u na die volgende verstommende numeriese bewys dat die Boek
van Herinnering se Skrywer
die Gees van JaHWeH
Self was, en ons maar net klein
pionne in Sy groot liefdevolle hand.
In Sagaria 5:1-2 staan :
1 EN ek het my oë weer
opgeslaan en gekyk - daar was ’n versluierde [Boek]rol.
[JeshaJaH 25:7]
2 En hy het vir my gesê:
Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien
’n versluierde [Boek]rol, haar
lengte is twintig voorarm
en haar breedte tien voorarm.
[JeshaJaH 29:10 - 21]
• Hierdie versluierde Boekrol sou dus `n vierkante
area van 20x10 voorarm(el) hê.
Omdat `n voorarm maat 0,524 van `n meter is, is die
vierkante area dus berekenbaar in ons metrieke mates
en is gelyk aan: (20x0,524)x(10x0,524)
= 55m2.
• As `n mens nou die aantal bladsye van die Boek van Herinnering neem, naamlik 880, die lengte en breedte
van `n A4 bladsy neem en die totale area bereken wat hierdie
papier beslaan, sien ons die volgende:
880 x 210mm x 300mm =
55m2
• In Afrikaans word ons
Vader se heilige Naam as volg gespel:
“JaHWeH”. As ons die numeriese letterwaardes van ons alfabet hierop toepas, met a=1, b=2, ensovoorts
tot z=26,
sien ons die volgende: J=10; a=1; h=8; w=23; e=5; h=8.
10+1+8+23=5+8=55
Voorwaar `n onmoontlike “toeval”!
Hiermee volstaan ons met ons bewys
dat JaHWeH Self betrokke was met die daarstelling
van hierdie boek
en dat hierdie
geskrif verder gebruik sou word om die leuens van die moderne fariseërs te ontmasker,
soos verder beskryf in die boekrol Sagaria 5:3-4
en 9:14-17.