Die VERTALINGSKOMITEE
van die BOEK VAN HERINNERING
Gedurende 1998 het die volgende vers aanhoudend in drome, gesigte en
skrifte by vier mense voorgekom. 16 Toe het die wat
JaHWeH vrees, met
mekaar gespreek; en
JaHWeH het dit opgemerk en gehoor,
en daar is ’n Boek van Herinnering voor Sy Aangesig
geskrywe
vir die wat JaHWeH vrees en Sy Naam Eer.
Die enigste afleiding wat ons daaruit
kon maak was dat daar begin
moes word met `n restourasie van die Skrifte, veral met betrekking tot die
heilige
(apartgestelde) Name. Hierdie vier persone het uiteindelik bymekaar
gekom, alle aardse werk gelos en begin met die groot taak voorhande.
Daar is rekenaars, sagteware en navorsingsmateriaal bekom en toe is daar
begin met die restourasie. Binne `n ongelooflike kort tyd het ons Hemelse
Vader twee mense gevul met Sy Gees sodat Hebreeus
en Grieks feitlik
oornag hul tweede en derde taal geword
het. Met die moderne
rekenaartegnologie was restourasie baie makliker as voorheen.
Daar is 4 jaar gewerk aan die projek, en die finale produk,
“Die Boek van
Herinnering - Vierde Druk” het in 2002 die lig gesien. Hierdie werk is `n
letterlike transliterasie vanuit die oorspronklike tale en begrippe is net
so oorgedra soos wat dit
oorspronklik voorgekom het.
Die doel van hierdie
werk
was nie om die Bybel te probeer
vervang nie, maar is `n versameling
van boeke wat beskikbaar was en wat noue verband
met mekaar het.
So is daar 23 “buite-Bybelse boeke ingesluit, sommige waarna in die
Bybel verwys word! Met die voltooiing
van hierdie werk het ons tot ons
grootste verbasing ontdek dat hierdie
Boek `n inherente wiskundige
watermerk het, en dat hierdie Boek onlosmaaklik
verbind is met die
Afrikanervolk en die Gelofte van 1838 te Bloedrivier.
Ook dat hierdie
Boek se totstandkoming alreeds deur die Ou testament
profete beskryf is!
U moet
onthou dat hierdie boek vanaf
die eerste dag onlosmaaklik
verbind was met die Gelofte te
Bloedrivier, en dat die boek vir 4 jaar
agtereenvolgend aangebied was in die laer te Bloedrivier
terrein in Natal.
Dit is ook in lyn met die profesie in Sefanja 3:9-10 en wat
direk aan ons
gegee was deur die innerlike
Woord:
9 Want dan sal Ek
aan die volke suiwer lippe toebring, sodat hulle almal
die Naam van JaHWeH hard sal uitroep en Hom met eenparigheid sal dien.
10 Van
oorkant die riviere van Kuwsh [Ethiopië] vandaan sal My
blye
aanbidders, die Dogter
van My Verstrooide, My bydrae
bring. [JeshaJaH
18:1; Maleagi 3:16]
Hierdie nuwe spysbydrae
was deur die Afrikanervolk
(sien Jesaja 18),
wat suid van Ethiopië woon, gebring, en nou kon hulle
met suiwer
lippe begin aanbid, want die valsheid
in hulle Skrif was vernietig.