Aarde en Maan

In hierdie diktaat, gegee aan Jakob Lorber deur die innerlike woord, beskryf ons Vader aan hom die innerlike werking van die Aarde, die werking van die atmosferiese sfere daarbo, asook hoe plant, dier en mens funksioneer om `n totale geheel te vorm. Hier leer ons die aarde ken as `n lewende entiteit, met innerlike organe wat byna ooreenstem met die van lewende wesens op aarde. Ook verskaf ons Vader verdere inligting rakende die geestelike deel van die aarde, die gestorwe geeste, luggeeste, mensesiele, en die gebonde geeste in die inwendige aarde. Die werking ten opsigte van die verwekking van mense word breedvoerig behandel. Die siel en wese van Satan word beskryf, ook hoe hy ontstaan het, hoe hy gebind is en wat sy uiteindelike lotsbestemming sal wees. Die tweede deel handel oor die maan, sy geaardheid en voorkoms, sy doel as opleidingskool vir onvoltooide geeste. Verstommende openbaringe word gemaak oor die wesens wat die maan se afgewende deel woon. Ook waarom hulle in hierdie strafkolonie opleiding moet ontvang.

Kies asb. die aantal boeke wat u wil bestel (Teen R 100.00 per boek).