Die Jeug van Jesus

Voorwoord Behalwe die verhaal oor die geboorte in Betlehem en die vlug na Egipte word daar in die Bybel geen verdere besonderhede vermeld oor die kinderjare van Jesus nie. Hierdie boek handel oor die wonderbaarlike gebeurtenisse wat voor, tydens en net na die geboorte plaagesvind het, ook die verdere voorvalle in en om die gesin van Josef en Maria, eers in Egipte en later in Nasaret tot aan die twaalfde lewensjaar van Jesus, op dikwels ontroerende wyse geskilder. Die leser van die boek beleef die vrome, nederige en tegelykertyd Goddelike uitstraling van die gesin. Die lieftalligheid en wonderlike wysheid van die jong Kind Jesus, die toewyding en liefdevolle sorg en erns van sowel Josef en Maria maak `n diep indruk. Dadelik voelbaar is ook die verwarring en verbasing, ook onder die seuns van Josef, wat deel uitmaak van die gesin waarin homself `n Goddelike geheim blyk te openbaar. Met die jeug evangelie word aan ons `n belangrike oud-Christelike en terselfdertyd historiese dokument van onskatbare waarde teruggegee.

Kies asb. die aantal boeke wat u wil bestel (Teen R 150.00 per boek).