Verskillende Slange 251 - 350

Die rede hoekom die “slang” in die algemeen alle boosheid beteken, en dat dit veral die liefde vir die self, is dat alle boosheid sy ontstaan het uit die sensuele deel van die denke, en ook uit die geheuekennis [scientifico] wat ten eerste aangedui word deur die “slang” en daarom dui dit hier op die boosheid van elke soort, en spesifiek op die liefde vir die self, of haat teenoor die naaste en die Meester, wat dieselfde ding is. Siende dat hierdie boosheid of haat verskillende geaardhede het, bestaande uit verskillende genera en spesies, word dit in die Woord beskryf deur verskeie tipes van slange; soos “adders,” “basiliske,” “vlieënde drake,” 'vurige slange (drake) wat vlieg,” “dinge wat kruip,” “horingadder” in ooreenstemming met die verskillende gif wat dit dra, wat in hierdie geval haat is.

Kies asb. die aantal boeke wat u wil bestel (Teen R 1.00 per boek).