Boek 9 - Die wederkoms van Christus

Eens het Hy as Verlosser van die mensdom na die aarde toe gekom, waar hulle sonder Sy hulp in geestelike duisternis versonke sou gewees het. Nou is die gevaar egter veel groter, omdat die mensdom geen lang tyd vir verandering meer gegee is nie. Weer sal Hy kom as Redder in geestelike nood. Maar die wat Hom nog steeds nie sal herken nie, vir hulle het Hy vergeefs aan die kruis gesterf. Hulle het nie Sy verlossingswerk aangeneem nie en bly daarom ook gebind in die boeie van die teenstander. Laat u uself dus nie mislei deur verkeerde leerstellings en valse profete nie, want die dag sal aanbreek waarop Hy sal kom in die wolke - en met hierdie dag ook die laaste gerig.

Kies asb. die aantal boeke wat u wil bestel (Teen R 25.00 per boek).