Openbaring 52

Openbaring 52

17 Julie om 6h00

Daar is `n gesegde wat lui, dat alle riviere na die see loop. En netso doen al die giftige afval en die groot reservoir van die aarde is besig om in `n afval stortingsterrein te verander.

Die oeroue ondergrondse bronne word ook nie gespaar nie en om rekordoeste te verseker, word daar van massas gifstowwe gebruik gemaak, om die verskillende gewasse teen peste te beskerm. Hierdie gifstowwe dreineer weer deur besproeiing en reën terug in die onderaardse waters in.

`n Suiwer kabbelende stroompie het `n rariteit geword, en dit omdat die mens `n onversadigbare vraatsug na rykdom het, wat sy uiting grootliks in mynbou het. Hierdie myne raak onverskillig ontslae van afval, deur dit in riviere in te pomp.

Nog minder word die lugruim deur mynbou-afval gespaar, wat op sy beurt die natuurlike suiweringsproses, deur middel van distillasie onbruikbaar maak, omdat `n besoedelde atmosfeer die skoon waterdamp absorbeer en giftige reënbuie stort op die aarde neer.

Die gevolge van kernafval in die water het so `n geweldige nadelige omvang, dat dit onmoontlik is vir julle om te begryp en daarom laat Ek dit vir eers daar.

Ook die poolys, wat deur My wysheid as suiwer water reservoir, vir die aarde gespaar is, smelt teen `n geweldige tempo, omdat aardverwarming by die dag toeneem. Weereens as gevolg van die versteurde natuurlike verkoelingsorde, wat deur die waters van die aarde, tot nou toe in stand gehou was. Weereens bewys dit, wanneer daar iets in My ordes versteur raak, dit `n onherstelbare kettingreaksie tot gevolg het.

Om hiermee af te sluit, nooi Ek nou graag al die baie wyses van die aarde, met hulle briljante wetenskaplikes nader, wat tog so graag met eselore na die slim influisteringe van Satan luister. Ja, Ek nooi hulle nader om hierdie enorme onoorkomelike probleem te kom oplos en Ek vra julle, hoeveel maal gaan julle nog die vrot rioolwater, met die mees giftige chemikaliese stowwe suiwer, om dit weer aan die stomme mensdom te gee om te drink.

Daarom is dit vir My slegs moontlik om deur `n totale verwoesting, `n versteurde ou orde weer nuut te maak.





[terug]