Openbaring 45 en 46 deur Judith de Beer

Openbaring 45

11 Julie 2007 om 3h00

Ek het in die vroeë oggendure wakker geskrik en die volgende helder gesig gehad. In die verte was die see sigbaar en daar het iets op sy oppervlakte gedryf. By nadere ondersoek het dit geblyk om massas menslike ontlasting te wees. In die middel van hierdie besoedeling, het daar `n gekompakteerde berg van hierdie menslike uitskot gedryf. `n Span mense het verbete geveg om hiervan ontslae te raak en het ook uiteindelik daarin geslaag om dit op die strand uit te bring. Wat weer `n nuwe probleem opgelewer het, omdat die mense nie geweet het hoe om nou daarvan ontslae te raak nie. Mense met wit jasse aan het met hulle hande in hulle hare rondgestaan, terwyl dit net al hoe meer gestink het.

 

Openbaring 46

11 Julie om 9 uur.

Wie kan ooit My raadsman wees, ja wie sal My ooit met raad kan bedien.

Soos mis voor die son, verdwyn alle konings, regerings en nasies voor My heilige aangesig. Met baie fyn beplanning word Ek gesystap en deur My te ignoreer, maak hulle asof Ek nie bestaan nie. Deur die spot met My te dryf, probeer hulle daarmee om die vrees wat in hulle skuilhou, te verdryf. As `n gruwel van alle groot gruwels, wat voor My heilige aangesig verwoes moet word, dit is al wat die grotes van die wêreld is. Elke Mammon beeld sal deur My eie voete tot niks vertrap word en in die stof van die aarde sal dit ewig bly lê.

Rig jou daarom op O Sion en sing jou nuwe lied. Die tyd het gekom en vanuit My Nuwe Jerusalem, kom die bruidegom, om Sy bruid te ontbied. Ja, vanuit My eie hand het jy O Israel voortgekom, daarom sal jy vir ewig My lof, deur al My groot skeppings, besing.





[terug]