Visioen 1 en 2 deur Judith de Beer

Visioen 1

19 Junie 2007 om 20h00

Ek lê op my bed en dink, die volgende oomblik raak ek weg soos in `n diep narkotiese slaap en is oombliklik die volgende oomblik so helder by my bewussyn soos nog nooit voorheen in my lewe nie en ek staan regop in my helder verligte kamer.

In die middel van my kamer begin iets soos spierwit rook verskyn, ek kyk intens daarna en sien dat dit digte mis is wat besig is om in `n spierwit wolk te verander. Ek is hoogs verbaas dat `n wolk in my kamer aan die ontwikkel is. Skielik is daar `n ontsettende blye wete in my hart dat dit die Gees is. Dit is vir my terselfdertyd so `n groot skok dat dit voel of ek weer my bewussyn verloor en onmiddellik lê ek weer op my bed.

Visioen 2

21 Junie 2007 om 23h55

Ek skrik wakker om net hierna die gevoel te kry dat ek my bewussyn verloor. Skielik lê ek op my rug en met my kop agteroor lê ek in die hemel en staar. Skielik begin daar ontelbaar baie plusminus 4 duim lange blou weerlikstraaltjies vanuit die hemel kom en is oral om my. Tussen hulle is daar duisende woorde. Skielik neem die letters die gestalte van hierdie blou weerligstraaltjies aan. En al die letters van die baie woorde verander in hierdie lewende vibrerende energiestrale wat die mooiste ligblou kleur het. Direk hierna word aan my gesê dat die skeiding in alle mense klaar plaasgevind het. En dat dit wat die oorheersende faktor binne hulle is, die ondergrond gaan vorm van dit waarop elke mens in hierdie tyd gaan staan en dat elkeen se handeling daarvolgens gaan wees.





[terug]