VERDERE VERDUIDELIKING VAN DIE SONNE-HEELAL DEUR JESUS

Aanhalings uit "Die Nuwe Openbaring van Johannes Boek 5

Die materiële wêrelde sal ook in die geestelike verander word. Kinders en skepsele van God
Hoofstuk 112
DIE MEESTER: 'En wat daar met die ou wateremmer gebeur deur die verstand van die mense, of wat in elke geval tog na alle waarskynlikheid daarmee kan gebeur, dit sal later ook met die aarde gebeur en met alle ander hemelliggame, selfs met die oersentraalsonne; en daaruit ontstaan dan volkome geestelike wêrelde om die salige geeste te dra en hulle tot woonplek te dien.
[2] En hierdie hemelliggame sal dan nie net uitwendig, maar baie meer inwendig bewoon word in al hul lewenstempels wat binne aanwesig sal wees en wat sal ooreenkom met die vroeëre organies-materiële vorme.
[3] Dan eers sal die mense, as voltooide geeste, die inwendige hoedanigheid van die wêrelde wat hulle eens gedra het, volkome leer ken, en in alle vreugde sal hul verbasing geen einde hê oor die buitengewoon wonderlike gekompliseerde, inwendige organiese inrigting daarvan, van die kleinste tot die grootste organe.
[4] Die op hulself klein, liglose planete, soos wat hierdie aarde is, haar maan, die sogenoemde Venus, Mercurius, Mars, Jupiter en Saturnus en nog meer soortgelyke planete wat by hierdie son hoort, sal, na vir julle ondenkbare talle aardse jare, geheel in die son opgaan, netsoos die talle komete, wat later ook mensdraende planete sal word, deels deurdat hulle op bepaalde oomblikke telkens verenig met `n planeet wat reeds mense dra, en deels omdat hulle ryp geword het, en `n selfstandige planetêre eenheid sal word.
[5] Die son en haar talle, talle mede-sonne sal in hul spesiaalmiddelson opgaan, hierdie middelsonne, wat `n buitengewoon hoë leeftyd kan hê en waarvoor `n eon (desiljoen maal desiljoene) aardse jare `n jaar is, sal opgelos word in die sentraalsonne van die sonnegebiede, wat natuurlik in al hul bestaansverhoudinge - om dit in Arabiese getalle uit te druk - miljoene maal miljoene kere groter is as hul voorsonne. Hierdie sentraalsonne van die sonnegebiede sal wederom oplos volgens dieselfde verhouding van die grotere sonneheelal-sentraalsonne, en hierdie uiteindelik in die enige oersentraalson, waarvan die massale omvang vir julle begrippe werklik onmeetbaar is.
[6] Maar waarin sal dit dan uiteindelik oplos? In die vuur van My wil, en vanuit hierdie uiteindelike oplossing sal alle hemelliggame dan terugkeer na hul vroeëre orde en diensbaarheid, maar geestelik, en dan sal hulle geestelik ewiglik voortbestaan in al hul prag, grootsheid en wonderbaarlikheid.
[7] Natuurlik moet julle dit nie vir julleself so voorstel asof dit alles byvoorbeeld more of oormore sal gebeur nie, maar as julle vir elke sandkorreltjie, soveel as wat die hele aarde kan bevat, een jaar aardse tyd sal gee, dan sal dit nouliks genoeg wees vir die bestaansperiode van die materiële aarde. Daarom kan die mens die veel langer bestaan van die son gladnie voorstel nie, natuurlik nog baie minder die bestaan van een van die vroeër genoemde sentraalsonne, van die sentraalsonne van die diepergeleë sonnegebiede en nog enorm veel minder kan julle die vir julle nooit te bereken duur van die sonneheelal-sentraalsonne voorstel en heeltemal nie van `n oersentraalson nie, - en dan word dit nog minder voorstelbaar terwyl die sonne nog steeds nuwe hemelliggame voortbring, en die sentraalsonne nog steeds nuwe planetêre sonne, en die oersentraalson ook nog steeds hele leërs sonne van elke soort voortbring.
[8] Maar ondanks hierdie vir julle onmeetlike duur van die groot hemelliggame, sal die tyd tog eendag uitgeloop wees en daarmee sal `n skeppingsperiode opnuut voltooi en afgeslote wees, waarna dan in `n eindelose ver weg geleë skeppingsruimtegebied weer na `n nuwe skepping voortgeskry sal word, waaraan julle, soos ook aan nog tallose talle nuwe skeppings wat sal plaasvind, sal deelneem, begaafd met `n steeds groter magsvolkomenheid, maar slegs as My ware kinders!
[9] Want wie langs hierdie voorheen beskrewe weg, nie die kindskap van God sal bereik nie, sal weliswaar as `n voltooide, verstandige en tog wel geluksalige skepsel op sy geestelike aarde woon, lewe, handel en wandel, en sal selfs ander aangrensende geestelike wêrelde besoek - ja, hy sal deur sy hele heelalsfeer* kan trek!, maar verder as dit sal hy dit ewiglik nie maak nie, en die behoefte tot `n daadwerklike verlange na iets hoërs sal ook nie in hom opkom nie.
(*"Heelalsfeer" (Duits -Hüsenglobe) is die naam vir die groepering van tientalle miljoene maal tientalle miljoene sonne, wat hulle as sentrale sonne van die eerste, tweede, derde, en vierde klasse saam met die tallose ander planetêre sonne, soos wat ons vanaf die aarde kan sien rondbeweeg. Almal is in `n groot uitgestrekte baan en beweeg om één gemeenskaplike, onmeetlike groot middelpunt, wat bestaan uit `n byna eindelose groot hoofmiddelson. Ontelbare baie van sulke 'heelalsfere', wat vir die mens ondenkbare groot afstande van mekaar verwyderd is wat die ewige oneindige ruimte vul, heet as `n geheel "Die groot wêreldmens").
[10] Maar My kinders sal steeds by My wees en met My soos vanuit één hart dink, voel, wil en handel! Daarin sal die eindelose groot verskil lê tussen My ware kinders en die met rede en verstand begaafde geluksalige skepsele. Sorg daarom goed daarvoor dat julle eendag deugdelik en waardig bevind sal word om My kinders te wees!"

Die mense van die sterrewêrelde en die kindskap van God
113 DIE MEESTER: 'Ek sê vir julle, dat daar in die onmeetlike ruimte tallose talle heelalsfere is! In elke heelalsfeer, wat op sigself al vir julle `n onmeetbare ruimte inneem, omdat dit eons maal eons sonne en sonnegebiede bevat, lewe sekerlik tallose talle geskape mense, hetsy nog in hul liggame of al suiwer geestelik; hulle het op hulle manier gewoonlik `n baie helder verstand, en `n baie presiese oordeel wat dikwels so presies is, dat julle julleself nog lank nie daarmee kan vergelyk nie.
[2] Hierdie mense het ook af en toe vermoedens, wat soos drome is, dat daar êrens kinders van die Allerhoogste, Ewige Gees bestaan, en hulle koester heel in die geheim ook dikwels die verlange om teen elke prys My kinders te word; maar meestal is so-iets absoluut onmoontlik. Want alles moet in sy eie orde bly bestaan, soos wat by `n mens, by wie ook die dele en organe van die kniegewrig nie in die edel oë van die hoof verander kan word nie en die senings van die voete in elke geval nie maklik in ore kan verander nie. Alle ledemate van die liggaam moet bly wat hulle nou eenmaal is; en al verlang die hande hoe baie om ook te kan sien, dit help niks, hulle bly heeltemal gesond en geseënde blinde hande, maar kry egter tog ruim voldoende lig deur die edel oë in die hoof.
[3] So hoef die aarde ook geen son te wees om haar andersins duister grond te verlig nie; sy kry immers voldoende lig van die een son. Van die voeding wat `n mens uit hom neem, moet alle dele van die liggaam, elkeen op sy eie manier gevoed word, dus ook die oë en die hart. Maar slegs die suiwerste en mees ligverwante deeltjies word tot voeding van die oë verhef, en die mees liefdesleweverwante psigiese sielsdeeltjies word met die lewensubstansie van die hart geassimileer; en hoe groter die deeltjies is, hoe groter is die meeste verskillende liggaamsbestanddele wat daarmee gevoed word. Dit sou die oog baie sleg bekom as deeltjies, wat as voeding van `n been geskik is, in die oog sou beland.
[4] En so sou dit ook in die algemene, groot skeppingsorde slegte gevolge hê, as Ek sou toelaat dat mense van ander wêrelde My allerenigste hartskinders sou word. Enkele kere is daar wel so `n toelating moontlik; maar daarvoor is groot loutering nodig en voorafgaande voorsiening en voorbereidings! Eerstens kry, oftewel die siele van hiérdie son hierdie barmhartigheid, óf die aartsengele wat die plig het om hele heelalsfere te beheers en te lei en in stand te hou volgens die beste orde wat in `n oordeel heers. En hoe geweldig groot hulle ookal in alles is, hulle moet daarmee genoeë neem om hier net soos Ek klein te word en hulle moet hulself elke deemoedigheid laat welgeval.
[5] Ook vanuit die sentrale son van die sisteem, waartoe ook hierdie son behoort, kan siele op hierdie aarde oorgeplaas word om My kindskap te verwerf; dit is ook moontlik vanuit die sonnegebieds- en die sonneheelal-sentraalson. Egter net alleen uit die gebied van dieselfde sonneheelal waarin hierdie aarde haarself bevind, kan ook nog siele hierheen kom, maar vanuit die algemene oersentraalson nie maklik meer nie, omdat die siele van die noodsaaklikergewys enorme, reusagtige mense immens te veel substansie in hulle het, wat nie opgeneem sou kon word deur die klein liggaam van `n mens van hierdie aarde nie.
[6] Maar ofskoon daar in baie groot gebiede op die immense groot wêreldson dermate liggaamlike groot mense lewe, dat hul hoof op sigself al minstens duisend maal groter is as hierdie hele aarde, is tog selfs die swakste van My ware kinders op hierdie aarde, deur My gees in die hart van sy siel, al eindeloos baie magtiger as ontelbare van die groter as wêrelde synde mense van die oersentraalson.
[7] Bedink daarom goed wat dit beteken om `n kind van die Allerhoogste God te wees, en wat se groot, ongeoordeelde en onaangetaste vrye wilsbeproewing daarvoor vereis word om die siel één te maak met My Gees in julle, wat vir julle die enigste weg is om dan heeltemal My kinders te kan word!"
Die groot skeppingsmens en die aarde
114 DIE MEESTER: 'Julle kan julle nou inderdaad tereg afvra waarom het hierdie klein aarde en haar klein mensies nou juis hierdie eer en barmhartigheid gekry het, want in die eindelose skeppingsruimte is daar immers `n ontelbare aantal baie groot en glansryke ligwêrelde, wat baie geskikter sou gewees het om God se kinders te dra, te voed en te voorsien van alles wat daarvoor nodig is. So sou die wêreldgrote mense van die oersentraalson immers meer aansien hê as kinders van God as die onder die stof sittende wurms van hierdie klein aarde! As ons uiterlik oordeel, blyk dit dat daar inderdaad niks of in elke geval baie min teen hierdie vraag ingebring kan word, maar gesien die innerlike verhoudinge van die dinge van die lewe sou dit selfs `n soort onmoontlikheid wees.
[2] Die organisme van elke mens het digby die middel van die hart sy lewenssenuwee, `n miniskuul (baie klein) klont, van waaruit die hele res van die liggaamsorganisme met lewe vervul word. `n Gedeelte van die een hartsenuwee klont het die eienskap dat sy die lewenseter uit die bloed en uit die ingeasemde lug sodanig na haarself toe trek, dat sy daardeur ten eerste self buitengewoon lewensaktief bly en vervolgens ten tweede hierdie lewensaktiwiteit aan die hele organisme meedeel en daardeur die hele liggaam op passende wyse van lewe voorsien.
[3] Wanneer Ek jou voet of hand sou afkap, dan sou jy voortlewe, soos wat jy dit by baie ou soldate kan sien, by wie tydens gevegte hande, voete, ore en neuse afgekap was, en wat nog steeds, al is hy vermink, tog verder lewe; maar die geringste verwonding van die hart, waarin die klein sentrale lewessenuwee haarself bevind, het oombliklik die liggaamlike dood tot gevolg.
[4] En soos wat hierdie voorsiening in die menslike liggaam aangetref word, netsoos

[4] En soos wat hierdie voorsiening in die menslike liggaam aangetref word, netsoos ook in die warmbloedige diere, so bestaan hierdie voorsiening ook in die groot skeppingsruimte: Alle tallose talle heelalswere vorm in hulle totaliteit `n reusagtige, vir julle begrip, `n eindelose groot mens. In hierdie mens is die heelalsfeer waarin ons onsself bevind, die hart, en juis hierdie aarde is die buitengewone klein lewenssenuwee vir hierdie hele groot mens; hierdie lewenssenuwee bevind hom nie in die middel van die hart nie, maar meer links daarvan.
[5] In die middel van die hart is daar weliswaar ook `n baie groot senuwee kompleks, maar dit is nie die plek waar die sentrale lewe gevestig is nie. Dit is net `n werkplek, waar die voedingstof vir die lewe, wat uit die bloed en uit die lug kom, opgeneem en bewaar word. Daarvandaan neem die sentrale lewenssenuwee hierdie voedingstof eers op en bevrug of seën dit eers as `n substansie wat vir die lewe geskik is, dit wil sê vir die tydelike, natuurlike saamlewe met die siel, want sonder hierdie senuwee sou die siel glad nie in verbinding kon tree met die organisme van die liggaam nie.
[6] Hierdie lewenssenuwee waaroor ons nou praat, bevind haarself êrens aan die linkerkant van die hart en is `n uiters onaansienlike, buitengewoon klein selletjie, te vergelyk met `n baie, baie klein senuweeknoop onder die bal van die kleintoontjie aan die linkervoet en `n ooreenkomstige een onder die kleintoontjie van die regtervoet. Hierdie gevoelselle, waaroor maar net die opperhuid lê, is die sentrale gevoelsenuwee geleiers van die voete, - en wie kan dit sien en wie weet dat dit so is?!
[7] Wanneer iemand liggaamlik `n ongeluk sou oorkom en die kleintoontjie van sy voete verloor, dan sou hy baie moeilik kan loop, baie moeiliker as wanneer hy sy groottone sou verloor. Nou kan daar dalk iemand opstaan en vra: 'Maar Heer, waarom is die kleinste dinge in U onmeetlike skepping nou juis meestal die belangrikste?'
[8] Dan stel Ek egter `n teenvraag en sê: 'Waarom is by julle mense, die fondament van `n huis dikwels meer as duisendmaal kleiner as die hele huis, wat aan die goed gelegde fondament sy belangrikste steunpunt het? Waarom is daar dan soveel leuens, terwyl die ryk van die waarhede eintlik maar één basiswaarheid het? Waarom is die eik so `n groot boom, terwyl die kiem in haar vrug, waarin daar tallose talle eikebome van die grootste soort beslote lê, so klein soos `n allerkleinste sandkorreltjie?'
[9] Daar is, My liewe kinders en nou ook vriende, in die groot skepping nog geweldig baie dinge waarvan die doel en die hoedanigheid vir julle enigsins vreemd sou voorkom as julle alles in die skepping sou wil weet. As Ek julle nou op enkele van hierdie eienaardighede sou wys, dan sou julle baie verbaas wees en sê: 'Nee, Heer, dit kan tog onmoontlik so inmekaar steek; want dit gaan te veel teen elke normale begrip in!' Kortom, geeneen van julle sou dit nou kon verstaan nie; en om slegs `n baie klein gedeelte daarvan te bespreek, sou daar wat tyd aanbetref, meer millennia nodig wees as wat daar sand in die see is!
[10] Maar as My Gees oor julle sal kom, wanneer Ek weer na die huis van My Vader sal terugkeer, dan sal Hy julle vanself in alle Waarheid binnelei, en dan sal julle nie meer hoef te vra:'Heer, waarom is dit so, en dat so nie?' Die blinddoek sal van julle oë afgeneem word en dan sal julle in die helderste lig sien, waarvan julle nou byna `n vae vermoede het. Wees daarom voorlopig tevrede met wat julle nou gehoor het! Dit is slegs `n saadjie wat in julle harte gelê is, waarvan julle die ryp vrugte eers sal oes wanneer die son van My Gees self in julle sal opkom.
[11] Het julle wel iets verstaan van wat Ek nou aan julle vertel het? Wees openhartig en beken dit; want van nou af bly Ek nog sewe volle ure by julle! Spreek, en sê gerus as dit vir iemand nog duister is, dan sal Ek hom `n lig gee, al is dit nou nog nie die volste lig van die geestelike lewe nie!"
Wese en inhoud van `n heelalsfeer
115 Eindelik spreek ons MATHAËL weereens: 'Heer, dit is vir ons almal nog soos die dorpe van die Skitheërs, wat so goed as nêrens te vinde is nie en waarvan `n mens homself daarom ook geen voorstelling van kan maak nie! U kan natuurlik maklik oor U eindelose groot skepping praat; maar ons weet nie eens presies hoe groot ons aarde is en wat se vorm sy het nie, en daarom is dit, wat U ons vertel het, moeilik te verstaan.
[2] In my lewendige fantasie verstaan ek wel die een en ander, maar slegs soos in `n vlugtige droom vermoed ek iets groots. Maar vir baie van my metgeselle is dit `n soort abrakadabra,
(Persiese toorwoorde) waaruit selfs die gesondste, natuurlike, menslike verstand nooit wys sal kan word nie. Want om dergelike dinge ook maar enigsins duideliker te kon verstaan, sou ons baie goed tuis moet wees in die rekenkunde en die Oud-Egiptiese astronomie, ook sou ons hul uitgebreide getallestelsel volkome moet beheers! Maar omdat ons hoegenaamd nie beskik oor die wetenskaplike elemente nie, kan ons die buitengewone uitleg wat U ons nou gegee het, in geen geval duidelik verstaan nie.
[3] Dit is wel waar dat U ons by `n vorige geleentheid vergun het om `n blik in U groot skeppingsruimte te werp; maar daar bly, by my altans, nog heelwat vrae oop. Nou het U Uself vernaamlik oor die materiële gedeelte van U skepping van naderby uitgespreek; maar daarvan verstaan ons nie so baie nie. Dit is immers voor die hand liggend, dat ons so-iets onmoontlik heeltemal kan verstaan, omdat alle voorkennis ons daarvoor ontbreek.




[4] Om dit alles `n klein bietjie beter te kon verstaan, sou ons ook minstens iets moet weet oor een van die genoemde heelalsfere en die verskillende soorte sonne en sentraalsonne wat daarin domineer. As dit die geval sou wees, dan sou ons onsself wel `n ietwat duideliker voorstelling kan maak van die tallose talle ander heelalsfere en sentraalsonnestelsels, sentraalsonnegebiede en sentraalsonne-heelalle; maar die een heelalsfeer is al so enorm gekompliseerd, laat staan nog die talle ander, waarvan elkeen afsonderlik seker `n totaal verskillende inrigting en `n heel ander doel het.
[5] Hoe werk dit dan eintlik met die planetêre sonne, en verder met die verhale oor die sentrale sonnestelsel, die sentraal sonnegebied, sentraal sonneheelal en uiteindelik met die oersentraalson, wat selfs in die drome van die ou beroemde Ptolemeus en Julius Caesar, wat tog ook `n astronoom was, nie voorkom nie?"
[6]
EK sê: 'My beste Mathaël, Ek merk dat jy `n bietjie geïrriteerd is, deels omdat Ek julle nou dinge vertel het, wat jy óf gladnie, óf slegs net `n klein bietjie verstaan, en deels oor jouself, omdat jy dit wat Ek nou vertel het, gladnie so goed kan verstaan nie, ofskoon jy andersins tog met betrekking tot baie sake baie belese is en ook verder baie agtenswaardige ervaringe en menings het. Maar sien, dit is nie heeltemal korrek van jou nie; want die mens word nie net wys van wat hy hoor en kan dadelik ook heeltemal verstaan nie, maar meestal ook van wat hy hoor en nie verstaan nie!
[7] Oor dit wat `n mens eenmaal verstaan, sal niemand verder nadenke besorg en hy sal homself nie verder daaroor kwel nie; want wat `n mens eenmaal het, probeer `n mens nie meer te verkry of moeisaam te verwerf en `n mens voel hom heel behaaglik oor wat hy reeds ten volle besit. Maar wat `n mens nog nie het nie, veral op die gebied van die hoogste waardevolle, soek `n mens seker met volle inset net so lank tot `n mens ten minste iets daarvan in sy besit kry.
[8] Kyk, as dit vir My daarom moet gaan om van julle uiteindelik mense te maak wat baie traag sal dink, dan sou dit nie moeilik vir My wees om vir julle oë `n heelalsfeer in die lug te teken nie. Dan sou julle die hele sisteem van `n heelalsfeer, waaroor ons nou praat, selfs makliker verstaan as dat 2 staters plus nog twee staters sonder twyfel 4 staters
(baie klein muntstukkie) is! Maar Ek wil dat julle aktief bly dink, en het daarom in wat Ek julle vertel het, iets te kenne gegee, wat julle wakker sal maak en julle die slaap ontneem.
[9] Ek het vir julle al voorheen eens iets daaroor gesê, wat julle om dieselfde rede natuurlik nie so duidelik verstaan het nie, en dit sou Ek julle ook nou kon vertel, sonder om daarop te reken dat julle dit volledig sou verstaan, maar sodat julle dikwels daaroor sal nadink by geskikte geleenthede, veral tydens nagte met `n helder sterrehemel.
[10] Maar om die dinkery vir julle `n klein bietjie makliker te maak, sal Ek julle op soortgelyke verskynsels op hierdie aarde wys. Kyk eers na die inrigting van `n leër, dan het jy al so ongeveer die inrigting van `n heelalsfeer met haar sentraal- en oersentraalsonne! Daar staan `n aanvoerder van slegs tien tot dertig soldate, en daar weer `n ander aanvoerder, al iets groter, wat die bevel voer oor tien aanvoerders van die eerste orde. Die eersgenoemde aanvoerder is te vergelyk met `n planetêre son, en die tien tot dertig gewone soldate staan ongeveer gelyk met die planete wat om `n son sirkel. Die tweede, iets hoër geplaaste aanvoerder van die juis nou genoemde tien troepe is al te vergelyk met `n sisteemsentraalson, waar om hom, op verskillende afstande, `n hele spul planetêre sonne met hul dikwels talle planete beweeg. Hierdie planetêre sonne, wat om `n groot sentraalson beweeg, vorm tesame met hul een sentraalson `n sonnegebied; dit moet julle nou goed onthou om die volgende beter te kan verstaan.
[11] Nou gaan ons na `n leëraanvoerder van die derde orde! Hy het op sy beurt weer ongeveer tien aanvoerders van die tweede kategorie onder hom; oor hulle voer hy die bevel en hy moet hulle almal leiding gee. Die bevele van hierdie derde aanvoerder, wat ons 'hoofman' sal noem, word slegs gegee aan die troepe-aanvoerders wat onder hom staan, en die gee dit dan weer deur aan die aanvoerders van die kleiner troepe, en hierdie dan eers aan die afsonderlike gewone soldate. So praat ons nou van `n sonnegebied en dit spreek vanself, dat daar in die skeppingsruimte ook baie meer sonnegebiede is; hulle moet op hulle beurt ook weer `n gemeenskaplike, nog groter leier hê.
[12] Laat ons die soldate wat onder `n hoofman staan, `n kompanie noem; en nou stel ons onsself voor dat tien tot twintig kompanies weer onder `n hoëre bevelhebber staan, wat byvoorbeeld `n owerste is en gewoonlik die bevel voer oor `n legioen, wat meestal uit tien tot twintig kompanies bestaan! So `n legioen is dan al `n heel aansienlike strydmag en vorm al `n baie belangrike deel van `n hele leër. `n Legioen kan ons nou die beste met `n sonne-heelal vergelyk. En soos wat ook verskillende legioene weer onder bevel van `n veldheer staan, so staan dan ook die sonne-heelal weer onder `n nog groter en magtiger sentraalson; hierdie sal ons die 'sonne-heelal-sentraalson' noem, om haar van die vroeër genoemde te onderskei.
[13] Nou staan egter al die talle leërs onder één enkele monarg, en so ook die buitengewoon talle sonne-heelalle onder die algemene hoofsentraal-oerson; hy moet natuurlik kolossaal groot wees om die talle sonne-heelalle na hom toe te trek en om hulle, in vir julle onmeetlike verre baan, om hom heen te laat sirkel, soos wat die planetêre son dit met haar afsonderlike planete en die bybehorende mane doen. So `n ware sonnemonargie noem Ek om goeie redes `n heelalsfeer.
[14] `n Sfeer is hulle vanweë haar volledige ronde vorm, - `n huls (skil, dop) en hemelliggame is hierin, omdat hulle almal met `n geoordeelde geestelike lewe omhul (omhulsel) is, en omdat hierdie uiteindelike draagster (globe) self `n universele huls is, omdat hierin eons* maal eons sonne, om `n bepaalde ordening in stand te hou, heeltemal omhul blyk te wees. Sê My nou, Mathaël, of jy My nou duideliker verstaan het as voorheen!"





[terug]