Openbaring 31 deur Judith de Beer

Openbaring 31

26 Junie om 13h00

Die sogenaamde Christen, wat as een of ander dienaar werksaam is onder een van die derduisende tentakeltjies van die Wêreldraad van Kerke, is te vergelyk met ‘n giftige woestynadder wat haarself onder die woestynsand verberg, wagtend op een van My uitverkorenes, om hulle sodoende in die hak te kan byt.  Terwyl hierdie slang geruisloos op haar prooi lê en wag, is die enigste waarneembare beweging, die onophoudelike flits van die gesplete tong.  Terwyl die een punt soet, maar giftige heuning drup, braak die ander een gal.  Net so verrig hierdie werkers van die duisternis hul duiwelse taak.  Met soetsappige en valse vredesboodskappies, vergiftig en besoedel hulle baie van my laaste opregte boodskappers.  En net soos hierdie woestynslang as lokaas, die punt van sy stert as ‘n bedrieglike sappige wurmpie, bokant die oppervlak van die woestynsand vir ‘n honger voëltjie aanbied, net so doen hierdie gesante vanuit die hel.  Selfs júlle, My uitverkorenes het in júlle naïewe onskuld, die soetlklinkende sysagte gelispel van die slang se verkeerde waarheid júlle eie gemaak.  En een van hierdie leuens is juis dat júlle almal, ongeag wat hulle geloof is, in júlle midde soos broers en susters akkommodeer.  En koesterend wikkel die slang sy bedrieglike kronkels in die behaaglike warm woestynsand van júlle liefde in, vanwaar hy met uitlokkende woordjies vir júlle ‘n dodelike val stel, om daarna die gelowige vinnig te kan verslind, om hierna dronk te word aan die opregte se bloed.  Die dag het egter gekom en vir My is daar ‘n kind, deur Myself gewek, wat van ‘n natuurlike weerstand teen hierdie gif voorsien is, en nog eenmaal sal die slang haar in die hakskeen pik, maar nooit weer sal dit enige kwaad aan haar of een van haar kinders kan doen nie





[terug]