Opnbaring 26 deur Judith de Beer

Openbaring 26

20 Junie 2007 om 03h00

Stadig het die tyd die wiel laat draai en die is besig om nou alles fyn te maal.  Waar Satan My in die verlede in alles teengestaan het, om daardeur soos die een of ander oorwinnaar te kan voel en hy altyd deur My gewaarsku en gemaan is oor sy gedrag, word hy nou bloot in alles met die grootste stilte vanuit die hemele getroef.  Dit laat hom in bose woede ontvlam waarin hy homself heeltemal uit gaan brand.  In hierdie tyd van alle tye het Satan die hele bose hel met die volle inhoud daarvan soos vanuit ‘n reuse sak op die aarde uitgekeer en terwyl hy nou op ‘n soortgelyke reaksie wag, tree ‘n stilte in die hemel in wat elke engel, groot en klein, die hoof in baie groot ontsag laat sak.

Met groot vertoon en baie swier, pronk die duiwel soos ‘n goedkoop pou op ‘n wêreld loopplank op en neer.  Die massas wat hom opgewonde toe applous, kan hom glad nie meer stimuleer omdat God se stilte hom uitermatig irriteer.  Met groot geluid word daar karnaval gehou met bloedig oorlogstuig en soos ‘n kind wat klappers skiet, laat hy kernontploffings as proefnemings op land en see gebeur om daarmee die aandag na hom te keer.   Weereens gee dit hom ‘n lae hou wanneer My groot stilte hom omvou.  Woedend soos ‘n brullende leeu kyk Satan nou moorddadig om hom heen om iets van My te kan verskeur.

 

Tierend kom sy blik nou op My nederig groepie neer, en geruisloos soos ‘n reuse slang probeer Satan onoorspronklik om My ook te vang.  Maar nou is dit Ek wat die groot stilte kom verbreek.  Niemand maak een van My kinders seer en Ek self kom Satan die grootste les ooit leer.

 





[terug]