Openbaring 20 deur Judith de Beer

Openbaring 20

14 Junie 2007 om 05h00

Waar Satan in sy grootheidswaan, op sy saamgeflanste troon die ereplek in sy arena, hierdie wêreld, agteroor sit om met selfgenoegdoening oor sy dik buik vryf en sy geliefde woorde bulderend uiter “Let the games begin”, daar antwoord Ek hom, “Ja, laat die spele begin”. Sy vet hand waarvan die dik vingers versier is, met die kosbaarste maar bebloede edelgesteentes van hierdie wêreld, word argeloos die lug ingegooi om sy swaar artillerie nader te wink. Terwyl hy met `n skelm kopbeweging die wêreldvloot nader adviseer en met `n knipoog begin die lugmagbasisse hulself te mobiliseer en satelliete begin vanuit die lugruim, kruis en dwars vir hom te spioeneer. Biologikus en wetenskaplike vat mekaar se hand en flink word daar vir oulaas met atoom en kiem ge-eksperimenteer.

Terwyl Satan met groot vertoon homself mobiliseer, daal Ek saggies by My kinders neer en met leë hand en in sak geklee, kom My getuies `n bose wêreld die waarheid leer. Met droogte, hongersnood en pes word die wêreld mee getref en `n verminkte aarde gee ook bes en die oppervlak word met die grootste aardbewing ooit getref.

So lig die hand en begin te sing, “Laat die spele maar begin”.





[terug]