Boodskap No 18 van Lukaas Van Hout op 17 September 2013

Boodskap No 18 van Lukaas Van Hout op 17 September 2013
Skryf Lukaas, Ek het jou gebed gehoor, vertel hulle dat EK IS wat EK IS wie nie verander nie, het alreeds die volk gewaarsku teen die volging van hierdie valse leiers. Dit berou My dat hierdie dinge so moet wees deur die dood van baie. Hierdie dinge moet so wees, sodat My woord en My planne aan die wêreld geopenbaar kan word. Nietemin Ek het jou gebede vir My volk gehoor; en sê nou aan hulle in My Naam, EK IS wat EK IS, vir ewig en altyd, dat julle hemelse Vader, die Skepper van alle dinge, weer My gees sal stuur onder diegene wat hierdie valse leiers volg, sodat hulle sal ontwaak in hulle dwaasheid. Nog een maal sal My Gees tot hul verharde harte spreek, maar dra aan hulle hierdie woorde van My direk oor: My kinders, My uitverkorenes, luister na My, julle Vader, EK IS wat EK IS dra aan julle hierdie waarskuwing oor van hierdie dienaar Lukaas, wat My dien in alle dinge wat Ek hom gelas om te doen, luister na My woorde! Liewe kinders, dit is nie My wil dat enige van julle moet ly of sterf nie, dit is My wil dat julle die lewe sal vind en dit in oorvloed vind. Hierdie leiers wat julle gekies het om te volg, is geen getuienis van My nie. Stel hulle op die proef en vra julleself, is hierdie 'n persoon van My Vader? Is dit die tipe persoon wat My Vader sal stuur om te lei? Dien hierdie persoon My Vader soos wat Sy woord leiers gelas om te volg? My kinders, My kinders, elke uur van elke dag en elke nag reik Ek My hand uit na julle met soveel liefde, tog draai julle weg van My en hardloop die ander pad na hulle wat julle valslik lei. Hardloop nou na My, laat Ek julle met My liefde, My woord en My waarheid omhels. Laat vaar julle harde harte wat so geword deur bitterheid, vrees en woede, laat vaar en gee oor aan My liefde en Ek, EK IS wat EK IS belowe julle dat Ek hierdie waarhede vir julle sal wys en alle twyfel sal verwyder. Dit grief My tot in My innerlike kern van My bestaan, dat so baie van julle hierdie valse leiers gekies het bo My en dit grief My as Ek die baie sterftes sien wat binnekort gaan kom, wat dalk nooit sou gebeur het, as julle maar oorgegee het aan My liefde nie. Nietemin, Ek, EK IS wat EK IS, sal steeds met julle wees, al kies julle hierdie valse leiers en Ek, EK IS wat EK IS, sal daar wees om julle in die koninkryk te verwelkom wanneer die dood julle vind in daardie plekke waar julle valslik heen gelei was. Ek is so lief vir julle, My kinders, Ek is so lief vir julle. Onthou dat Ek, EK IS wat EK IS julle so liefhet en sal elke dood betreur.





[terug]