BOODSKAP 15 AAN LUKAAS VAN HOUT OP 15 SEPTEMBER2013
Nog mag jy nie gaan
slaap nie, Lukaas, want die tyd is te kort en jy moet hierdie woorde neerskryf.
EK IS wat EK IS en EK SAL SPREEK DEUR WIE EK OOKAL KIES OM DEUR TE SPREEK! En
op die vasgestelde tyd sal hulle, ja, almal van hulle wat Ek gekies het om op
te staan vir My volk, opstaan wanneer Ek roep, en hulle sal My woord direk aan My
volk spreek soos wat Ek My woord vir hulle sal gee om te spreek. Hulle wat Ek uitverkies
het, is reeds onder diegene wat vlug na die plekke wat Ek vir julle gekies het.
In daardie tyd sal hulle monde geopen word deur My, EK IS, om My woorde direk met
julle te spreek in al hierdie gemeentes van My volk in diƩ plekke van
veiligheid regoor die land, sodat julle sal weet dat EK IS wat EK IS met julle is,
deur hulle wie Ek uitverkies het om by julle te wees. Hulle wie Ek gekies het sal
woorde spreek, My woorde en van My woord sal hulle met groot gesag spreek,
wysheid en liefde wat Ek aan hulle sal gee om met julle te spreek. Sommige van hulle
sal val en hulle wat val, sal vervang word. Nooit sal enige van My gemeentes in
daardie toevlugsoorde sonder My woord wees deur een wie Ek verwek het nie. Die tye
wat nou oor julle gaan kom, sal swaarder wees as wat julle ooit kan dink en groot
lyding sal deur almal gedeel word. Hulle wat deur My uitgekies is, sal julle wys
dat EK IS wat EK IS persoonlik met julle is deur hulle wie Ek gekies het, en Ek
sal met julle wees gedurende daardie tye, soos wat Ek nog altyd was. Ek sal aan
julle elke definisie van die woord liefde toon deur hulle wat gekies is om My
woorde te spreek aan My volk en julle sal weet hoe groot die liefde van 'n
skepper vir sy kinders is. EK IS wat EK IS, reik uit na My. EK IS met jou, glo net!
Slaap Lukaas, slaap
en rus. Daar is baie meer vir jou om te doen.
[terug]