BOODSKAP AAN NALIZE OP 14 SEPTEMBER 2013
Skryf, Nalize, want EK IS weer teenwoordig in hierdie dag. Ek gee
elkeen geleentheid om My te onthou en op te soek soos wat hierdie dag
begin. Ek neem jou as werktuig omdat jy los is van alles en almal wat
jou kon bind. Jy is Myne, soos Ek wil hê almal moet Myne wees. Die ore
van die Gees is die deur na my toe en elkeen wat die deur oophou, sal
weet wanneer dit EK IS wat spreek.
Hierdie skrywe is gerig aan die wat in geloof moed hou dat EK hulle
kan versterk. SWAAR sal die dae en droefheid oor die verlore lewens
wees, maar WEET, die lewens is ewig by My. Daar sal My engele hulle neem
en van hulle waardige mense maak om by julle oorlewendes te mag
aansluit in die ewigheid. Dit wat maak dat hulle nie nou kan groei,
opoffer en verstaan wat die Liefde vra nie, sal aan hulle duidelik raak,
daar waar Ek hulle heen neem. Dit is nodig, sodat die fees groot sal
wees wanneer Ons hulle eendag in My Huis verwelkom, die Huis wat hulle
eens verlaat het, agter Lucifer aan.
Word bly, want as jy die smarte op aarde oorleef, IS jy reeds
gereed vir My Fees. Jy het dan werk onder die oorlewendes en deur die
deur tussen My en jou oop te hou, moet jy duidelikheid kry oor jou werk.
As jy 'n waardige kneg in die Liefde is, sal Ek dan by jou intrek neem
en jou vermoëns vergroot.
Wees nou eers gefokus op jouself en om die deur te vind - die oor
wat My moet hoor, soos 'n 'radio' in julle taal, dat Ek heeldag met jou
kan spreek. So sal vele bevestigings kry van hierdie boodskap aan My
kneg. In elke dag se doen en late MOET jy oefen om met take besig te bly
en jou deur na My oop te hou. Ek sal spreek en by jou vertoef as jy in
Liefde na My verlang. EK IS My Woord getrou aan elkeen wat die belofte
aanneem.
Wees kalm, verbly jou in My sorg.
Jahshua, Jahweh, JahRuag, jou Man.
[terug]