oodskap No 11 van Lukaas ontvang op 3 September 2013

Nog 'n waarheid sal Ek nou gee aan hierdie dienaar Lukaas. Julle het gedink om die dood van wie dit voorspel was dat hy sou sterf, weg te steek. Julle het gedink om hierdie tyd te gebruik vir julle bose plan van misleiding teen My volk, wat gebruik moes gewees het om sy dood vreedsaam te betreur, en julle het probeer om die woorde van My profeet Siener van Rensburg stil te maak, waaroor hy van hierdie tye gepraat het. Julle het gedink om veiligheid en vrede te verseker in hierdie bespotting wat julle gedink het om op te rig om My volk te verneder en verleë te maak wanneer Uhuru nie plaasvind nie. Julle het baie tyd en moeite in hierdie groot plan gesit wat julle so langdradig uitgedink het om elke detail te dek, omdat julle julleself bo My gedink het in julle ontkenning van My. Hierdie is My wêreld en alles wat daarin is, is Myne. Ek sal nie bespot of gehoon word of verleë gemaak word deur julle, bose en slegte kinders van Gam nie.

Soos wat Ek, EK IS wat EK IS oor en oor verklaar het, wat julle doen aan die geringste van hierdie, het julle aan My gedoen en elke woord, elke bespotting, elke aksie, elke gedagte wat julle gedoen het, het julle aan My gedoen, EK IS, in My aangesig, 'n arrogansie wat so groot is dat slegs My voorspelde woord My hand weerhou van julle vernietiging. Soos wat dit geskryf en voorspel is, so moet dit gedoen word volgens die woorde wat Ek alreeds gegee het. En tog sal Ek nog 'n ander waarheid gee vir hierdie dienaar om te skryf. Julle het gedink om julle plan van die dood van My volk te bedek, soos dit was, 'n paar hier en 'n paar daar wat julle moor en slag en poog dan om dit vir die wêreld aan te bied as toevallige dade, sodat julle julle slagtings kan voortsit soos voorheen. En soos wat Ek, EK IS wat EK IS aan die lig gebring het, sal Uhuru gebeur, maar nie deur My nie. Die rede (redenasievermoë) van julle verstand wat julle eens gehad het, was die rede dat Ek aan julle gegee het om goed te doen aan My kinders en aan julle volk. Julle het dit aan die Satan en sy magte van die duisternis oorgegee en soek voortdurend net boosheid. Niemand kan twee meesters dien nie en soos wat julle gekies het om die Satan te dien, so sal julle dit nou doen. My rede verlaat julle. EK IS wat EK IS.

 

 





[terug]