Woord aan Nalize – 1/6/2010

Jahshua spreek met elkeen wat 'n oor het om te hoor: Die nag is hier en die bedrukte asemhaling begin, soos iemand op sy sterfbed. Ek kyk toe hoe elkeen sy eie graf grawe en niemand sal ingryp in angs of opgewondenheid nie. Die tyd vir omdraai is finaal verby. Elkeen staan by sy liefde geskaar en net Ek kan lewe gebied. Amein.
Jahshua is jou vesting en daarmee is die stryd gewonne – deur geloof. Amein.
Ek verbly elkeen wat Wysheid liefhet en in sy naaste se nood geleentheid tot Liefde vind, want Lig is Liefde en Lewe. Amein.
Soek ver en wyd en jy sal My vind, maar soek ook naby en jy sal My vind. Die geheim lê in die ywer, geloof en liefde waarmee jy die taak aanpak. Is Ek jou enigste Liefde, sal jy meer vind as verkwikking. Is Ek jou ewige deur en Son, is Ons verbind tot meer as diensbaarheid in verdrukking. Ek wil Barmhartigheid betoon aan al die duisende wat My liefhet en die tyd dat almal dit weer sal erken, het gekom. Weer soos in die dae van Moses en die profete word hierdie geslag die kans gegun om op te kyk en in geloof te handel – met resultate. Amein.
Wees deel van die uitgereddes, volkie en Bruid. Wees deel van die voorbeeld waarna die wêreld sal opkyk. Ek maak van jou spys vir die ewige EK IS en al wat jy oor hoef te besin, is jou ywer vir My Liefde. Waak teen verval. Tel die oomblikke af voor jy kan lewe met My as jou Leier en leier. Moenie verder soek as jou hart nie, want dan kan jy nie betyds begin lewe nie. Amein.

Dringende Woord aan Nalize op 1/6/2010:

Ek roep 'n vas en biddag uit – 7 dae voor julle wêreld met makietie inmekaarstort. Ek verorden dat julle eendragtig in julle harte na My Krag moet soek en julle plekke daarin moet inneem. Ek vra van elkeen wat gered is uit die verderf van materie om gehoor te gee en so die reukwerk op die altaar te wees namens My Volk. EK IS die offer, die Redder, die Bruidegom, die Koning, die Lewe – jou Jahshua. Amein.





[terug]