`n Moontlike verklaring van Openbaring 10 in die lig van die Groot Evangelie van Johannes.

`n Moontlike verklaring van Openbaring 10 in die lig van die Groot Evangelie van Johannes.

 

OPENBARING 10:1-11

 “ EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

2       en in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;

3       en hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

4       En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

5       En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,

6       en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

7       maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

8       En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.

9       En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

10     Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

11        En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.”

 

 

As mens Openbaring 10 lees, kry jy die verhaal van `n engel wat saam met  7 donderslae praat oor `n boekrol wat eers verseël moet bly en dan na `n tyd, nadat die sewende basuin geblaas het, oopgemaak moet word. Hierdie boekie sal soet in die mond wees, maar bitter in die maag; wat soveel beteken as dat dit lekker sal lees, maar sodra die geestelike maag die woord moet begin verteer, dws, sodra jy die woord in dade moet begin omsit, dit baie bitter sal word. Soet is altyd verwysend na die liefde.

 

Die boekie open dus die verborgenhede (van die Liefde) van ons Skepper, en hierdie verborgenhede is dieselfde as die tyding wat Hy aan Sy diensknegte, die profete verkondig het deur al die eeue.

 

So is die een deel van die Nuwe Openbaring, `n replika van die eertydse openbaring aan die eerste profeet Henog, nog voor die vloed, en wat as die “OORLOë van JAHWEH”  bekend gestaan het. Hierdie boek het verdwyn, dit was deur Satan se knegte verberg vir duisende jare. Nou het Jesus dit weer nuut gegee aan Jakob Lorber, en word genoem HUISHOUDING VAN GOD Boek 1 tot 3.

 

Die ander deel bevat die volle drie en `n half jaar van Jesus se evangelie op aarde en kan byna as `n dagboek van Sy omswerwinge, Sy wonderwerke, en Sy lering beskou word. Die reeks boeke word genoem, Die Groot Johannes Evangelie of Die Nuwe Openbaring van Johannes. (Miskien kan Albert ons meer hieroor sê, naamlik wat die korrekte sou wees).

 

Daarom was dit Johannes wat die boekie moes geëet het, en nie Petrus, of Matteus of enige ander van die  ander apostels nie. Daarom word hierdie spesifieke Nuwe Openbaring oor die getuienis tydperk van Jesus genoem soos hierbo beskryf, Die Groot Johannes Evangelie of Die Nuwe Openbaring van Johannes.

Vers 11 bevestig dit net dat hierdie “eet van die boekie” niks anders is as “jy moet weer profeteer nie”. Nou sal jy verseker op en af spring en sê Johannes is dood en hy kan nie profeteer nie. Reg genoeg, maar wat verhoed ons Meester om Johannes na Hom te roep en te sê:

 

“Luister my broer, die tyd waarvan ek jou op Patmos in Openbaring 10 gewaarsku het, het gekom. Jy moet neerdaal na die aarde, en my kneg, Jakob Lorber, `n diep gelowige, nederige man, wat `n ware suiwer houer vir my Woord sal wees en wat dit noukeurig sal neerpen, gaan besoek. Soos wat My Gees deur jou spreek (net soos toe Johannes die Bybelboek met sy naam gedikteer gekry het van Jesus), moet jy dit so in die gees en deur middel van die innerlike woord aan hom in Duits dikteer.” Ek weet nie of dit presies so gebeur het nie, maar hoe anders kan ons dan Openbaring 10 verstaan?!

 

Ek volstaan by hierdie openbaring wat Jahshua/Jesus vir my gegee het, want Openbaring 11 volg pragtig daarop. Jy moet net weet dat die heilige stad die heilige leer is en Openbaring 11 open soos `n boek vir jou. Hoe weet ek die ou stad Jerusalem is die ou leer en die Nuwe Jerusalem is die Nuwe Openbaring? Eenvoudig, Jesus sê so in die NO.

 

Dirk van Vuuren

 





[terug]