HOMO`S: - DIE LAASTE DRUPPEL IN EMMER

Gesig deur Judith de Beer gedurende die oggend van 1 Desember 2006.

 

Ek het vir die eerste keer in `n lang ruk `n ervaring gehad. (Vanoggend vroeg net nadat ek wakker geword het). Ek het binne my wese skielik `n outydse metaalemmer ervaar. Dit was `n skropemmer vol vuil water. Daar het skielik `n vuil druppel ingeval en die emmer het oorgeloop. Dit was skielik bo in die lug, het omgekeer en op die aarde uitgeval. Terwyl dit gebeur het, het die volgende vers hardop geklink: “En in daardie dae sal dit wees soos in die dae van Sodom en Gomorra”.

 

Verklaring:

 

Van vanoggend 1 Desember 2006, kan homoseksuele nou in die huwelik bevestig word, met dieselfde status as heteroseksuele huwelike. Daar kan geen twyfel wees dat hierdie gesig hierop betrekking het nie. Die vuil emmer van Babilon se maat is nou vol. Hierdie daad van `n bose Godlose landsregering was die laaste druppel. Aanhaling van `n artikel op www.nuweopenbaring.co.za.

 

“Die huwelik tussen man en vrou is die heiligdom, of anders gestel, die huwelik beklee die heilige plek in die samelewing. Nou is die homoseksuele-, oftewel die sodomitiese gruwel voor God en wat verwoesting aanrig, in Suid-Afrika opgerig, en dit gaan die goddelike instelling van die huwelik verwoes. Deur dieselfde status toe te ken aan homoseksuele- as aan heteroseksuele huwelike, staan die gruwel nou vierkantig in die heilige plek!!

Matthéüs 24:15: "Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat ’n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan—wie dit lees, moet dit goed begryp." (Die Bybel Nuwe Vertaling, 1983).”

 

Lees asb wat God verder se in Matthéüs wat gebeur na hierdie gruwel van verwoesting opgerig is. Lees ook Daniël 8. 9 en 12. Ons staan voorwaar voor groot gebeure.

 





[terug]