Visioen oor kalkoene deur Judith de Beer

Visioen deur Judith de Beer

30 Oktober 2007

Geslagte kalkoene

Ek het in `n gesig die volgende gesien. Ek staan in `n Internasionale lughawe se ontvangslokaal en kyk na `n vervoerband wat bagasie hanteer en wat stadig in die rondte beweeg, al wat op die band is, is twee kolossale geslagte kalkoene wat netjies verpak met hul borste na mekaar toe lê.

Skielik sien ek `n geweldige groot saal waarin witkalkoene geteel en slaggereed gemaak word. `n Baie sterk wind vanuit `n masjien begin om derduisende van hierdie pluimvee in te suig. Ek verwag om geslagte kalkoene aan die anderkant uit te sien kom, maar behalwe vir `n paar vere wat rondfladder, is daar van hulle niks oor nie.

 

(Moontlike verklaring: Kalkoene verwys verseker na Turkye (turkey) en gesien in die lig van die konflik op die noordelike grens van Irak, kan ons hierdie gesig daarmee in verband bring)





[terug]