WOORD VAN VADER, aan Louise Snyders

31 Okt 2007 om 7:30

Julle wat MY liefhet

Is soos reukwerk voor MY aangesig.

En in die aangesig van gevaar,

Sal EK julle trou bewaar.

“Wees net vir MY lief”,

is die lokstem aan die wêreld.

Maar in die aangesig van gevaar.

sal EK hulle nie bewaar,

want getrou soos jakkalse, het hul by MY gebly.

Wees bly MY Sionskind,

want JY het MY gevind.

In trouheid is jy gevind

waar jy besig was met MY.

Daarom sal jy juig,

want EK sal jou bevry.

 





[terug]