Die Gruwelhond van Engeland se afgod opgerig

Madiba sal daar wees as Londen sy standbeeld onthul
Aug 27 2007 10:33:14:450PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Britse beeldhouer Ian Walters 'n paar jaar gelede in sy ateljee in die Londense buurt Battersea by die ontwerpmodel van die Mandela-standbeeld wat op Parlementsplein gaan kom. Foto: Igna Schneider
 
Click here to find out more!
Joylene van Wyk


Londen. – Oudpres. Nelson Mandela gaan die onthulling van sy standbeeld op die Parlementsplein môre hier bywoon.

Die 2,7 m hoë standbeeld se onthulling bring ’n einde aan ’n sewe jaar lange veldtog om erkenning te gee aan sy en baie ander se stryd teen apartheid.

Een van mnr. Ken Livingstone, Londense burgemeester, se verkiesingsbeloftes was dat die standbeeld aan die noordekant van Trafalgarplein sal staan, maar die stadsraad – wat die standbeeld aan die oorkant van die pad reg voor Suid-Afrika Huis wou oprig – het sy planne gedwarsboom.

Die stadsraad se beplanningskomitee het toe uiteindelik toestemming gegee dat dit op Parlementsplein regoor die Westminster-paleis opgerig kan word.

Mandela sal naas veldmaarskalk Jan Smuts die tweede Suid-Afrikaner wees wat ’n ereplek op die plein kry.

’n Mandela-woordvoerder het luidens ’n verklaring gesê dat hy geëerd is deur die inisiatief wat die Britse publiek geneem het om hom só te eer. Sy vrou, Graça Machel, sal hom vergesel.

Livingstone het gesê daar kan nie ’n beter manier wees om die standbeeld te onthul as Mandela wat self teenwoordig gaan wees nie.

Hy het gesê Mandela se stryd teen apartheid simboliseer sowel die geveg teen rassistiese tirannie as die universele stryd vir menseregte.

Op dié onthulling sal ’n Londense dansgroep hul program opvoer wat vir volgende jaar se olimpiade vir die jeug in Beijing gechoreografeer is. Die inspirasie vir hul kostuums kom van die Suid-Afrikaanse en Britse vlae.






[terug]