BOODSKAPPE AAN NALIZE VANAF AUGUSTUS 2013
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Woord aan Nalize op 17/9/2013
Hierdie skrywe rig Ek aan My Bemindes.
Pak vir jou 'n tassie van vreugde vir die dag van more. Moenie bekommer oor waar jou kos en klere vandaan sal kom nie, want Ek sal verseker vir jou sorg.
Met hierdie dag wat verby is en die nuwe wat aanbreek, roep Ek elkeen om hulle sakke te pak, soos die Israel-volk van ouds en by hulle poorte gereed te staan, want die uittog is gou, voor die nuwe more aanbreek.
Ek roep julle om op julle knieë te gaan in julle harte en hierdie roep na Bo te roep (en te wag in ootmoed):
 
My liewe Vader, lei my en my gesin asseblief uit die onheil na 'n nuwe tuiste waar U met ons kan aansit aan die tafel wat U vir ons berei het? Lei ons asseblief op die uur en tyd wat U vir ons voorberei het, dat die haas nie minder of meer sal wees as wat nodig is om ons by ons bestemming te bring nie?
Open asseblief ons ore in geloof om U helpers se waaksame uitroepe vroegtydig te hoor en te herken dat dit U, alleen, EL van Jakob, is wat spreek. Meester en Koning van my hart en huis, neem hierdie lewens as offer voor U om met hierdie eed van gehoorsaamheid en naasteliefde 'n volk te bou wat U verkies en behaag, want ek weet dat indien U nie hierdie noodkreet aanneem nie, die lewe op aarde nie langer vir my of my saadlyn bestem is nie. Ek roep U aan in benoudheid en smeking, hoor my gebed as U nietige kneg? Amein.
 
Weet, dat as jy hierdie kon bid uit die oortuiging van jou hart, jy My redding waardig is, want die wat vuil is, sal vuiler word in die ure voor die nood aanbreek. Amein.
Alleen Ek sal kan red. Bly by My.
Jahshua, Man van Nasaret. Amein.
Weer herhaal Ek, NET EK IS kan red, want dit is MY oordele wat oor hierdie aarde uitgeroep word. Amein.
 
Liefde is My troupand: Dra dit met eerbied. Amein.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205