OPENBARINGE AAN NALIZE VAN WYK
NALIZE ROETS/ neƩ VAN WYK

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3.

DEEL 2

18/2/2008   6h27

My kind, keer jou tot My en jy sal lewe. Bring jou sorge voor My Vadertroon en Ek sal dit maak – vol eerbetoon vir die Ewige. Dank My altyddeur. Soek My, want daarin lê jou krag dag na dag.

(Ek rig hierdie in opdrag, veral aan almal wat die sewe dae vas aangepak het, aangesien ons net met Sy krag die wedloop sal volbring. Hy het bekendgemaak dat ons OP Hom moet loop en nie in Sy voetspore nie. Hy dra ons en is mos die Weg. Ek het ‘n beeld gesien waar Jahshua my vra om op Sy skoot te kom sit en Hom te soen op Sy wang. Dit was wonderlik om van Sy vaderarms om My bewus te wees. Daarna sê Hy ek moet Sy hand vat, maar Hy staan baie ver. Sy arm reik tot by My en Hy gee my opdrag om te loop. Ek begin met moeite aangesien my lyf baie tam voel van geen voedsel-versterkings en sê aan Hom dat ek baie swak is. Hy gee opdrag om te LOOP. Ek loop saam met Hom met my hand in syne en loop oor ‘n rivier saam met Hom, sommer bo-op die water en dan in minder as ‘n sekonde oor ‘n uitgestrekte veld. Daarna af met ‘n baie erge steilte in ‘n vallei in, SONDER om te struikel en ek hoor die woorde “na gindse sale aan die saalge hemelstrand” soos die liedjie lui. Ons eindig op ‘n strand waar die son baie helder oor die horison van die seë skyn. My blydskap is groot.)

18/2/2008   10h09

My kinders, Ek spreek sag sodat die wat moet hoor sal hoor dat Ek roep. Ek dink aan jul met oorgrote Liefde, omdat julle My soek. Hou moed, gaan voort, want spoedig kom die dag waarop almal wag. Ek hou jul in My hand – oor rivier en strand tot jul anker vind by My, jul Maker. Glo My! Amen.

18/2/2008   14h54

Gedenk My in jul gedagtes en verheug jul in My vrede en soet woorde van Liefde, want dit blink soos pêrels as jul gelouter My lof besing. Dank My vir jul etes wat Ek aan jul gee om te geniet, glo in genesing van kwellings wat dit bied. Eerbiedig My woorde aan al My knegte, want net Ek spreek dat harte hoor. Amen.

Mag jul My in blydskap vind en nie langer in donker tas, want Ek is naby elkeen wat My aanroep. Hoor My stem, klinkend in jou binneste en gee alles wat jy het aan My oor. Ek het ‘n liefdevolle oor waarmee Ek al My kinders aanhoor. Dank My vir hierdie genade, want só verdwyn jul misdade. Hê My lief. Ek glo in julle wedersydse glimlag na My siel en loop gereeld as mens, al is My liggaam verniel. Sien My in jou naaste na wie Ek kom in die oorvloed van MY liefde en betuig My lof in elk’ oggend, middag of aandskof waar die wêreld poog om in te dring in jou en My liefdeskring. Hou Satan uit, staan op wag dat Ek jou by die hand kan vat en jou lei na My.

Amen.

Soek My, sê Ek weer, Ek wil die enigste wees wat in jou hart regeer. Met blydskap wag Ek dag na dag dat jy in My vind, jou lewenskrag. Kom nou en eet My brood wat jou met krag sal vernuwe, sodat jy blymoedig en geduldig ander om jou kan bystaan met My liefde in jou. Keer jou na My en jy sal lewe. Ek benoem jou tot Koningskind - nederig, eenvoudig - en met hartelus spreek Ek oor jou - seëninge en oorvloed. Luister, hoor My aan, want hierin word My alomteenwoordigheid openbaar. Ek bemin elke een wat Hom ootmoedig na My wend. Luister, My volk, Ek kom gou. Soek jou rus in My, selfs tydens vroeë môredou. Roep My eerste aan, dan sal ek jou dag beplan dat jy My in alles kan bely. Glo My. Amen.

Dien My altyddeur, dis wat Ek grootliks begeer. Hoor My stem deur My knegte, want só vind jy die roete, as opregte, na My Vadertroon en wees verseker, Ek sal in jou kom woon. Een van die dae sal My engeleskaar jul omring en verseker so Verlossing bring aan groot en klein – aan dié wat hul lewe met My liefde omlyn. Ek versterk julle nou met nabyheid, want spoedig kom die dag nader dat Ek net dié vegader wat My aangesig met smeking soek vir beskerming en afstand kon doen van aardse goed. Ek sal jul lei. Ek sal bewaar. Jy weet waar jy jou moet skaar. Net een kan verlos, want die Satan lei net My kinders om die Bos. Dra jou naaste aan My op dat Ek sy hart spoedig kan versag, want môre sal die haan kraai en dan het hy My dalk reeds verraai. Ek roep My skape, hoor My stem. Jy móét My in alles ken. Eerste was jy Myne, maar jy is verlei. Ek wil jou weer in My arms terugkry dat jy net My kan liefhê en Ek jou seën met onmeetlike versorging en genade. Hou My in jou hart, want so breek vir jou ‘n nuwe dag. Sien My binnekort, Ek kom roep jou nou, wees aan My alleen getrou. Dra My op die hande en Ek sal milddadig breek – al jou bande. Dank My weer vandag, want Ek, die Koning en Heerser van die heelal het jou lief! Betree My weg van Liefde met hernude krag, dis My opdrag elke dag. Soek My weereens in die water wat jou voed en reinig en Ek sal My glans met ligstrale beveilig. Jy sal blink, My Sionskind, want eens HET jy van My uitgegaan. Ek is joue, jy is Myne, die ewigheid toegedaan. Ons sal weer Een word en sommer gou. Tel die ure en moenie jou kanse verbrou. Behou My vrede in jou bestaan en jy sal lewe met vreugde wat oor jou straal. Dank My altyddeur. Jy gaan saam met My regeer. Behou die liefde, die sleutel tot hierdie sukses en doen maar net jou algehele bes. Jy is myne. My liefdeskind en blom. Ons tyd gaan spoedig kom! Elkeen wat soek sal vind op My tyd. Kom! Amen.

18/2/2008   3h26

My knegte sal van My getuig en die aarde sal aanhou daaroor juig. Word deel van hierdie skaar en versprei My liefdesgebaar. Ek dink aan jou in My Almag en verwonder My aan jou ontwikkelende prag. Kom nou, My kind, luister na My roepstem en vergader jou by My knegte aan Wie Ek sal verskyn. Al hul vrese sal dan verdwyn. Ek roep herhaaldelik, kom! Amen.

18/2/2008   3h31

Jy sal nie wankel nie, vir ewig meer, want Ek het jou tot My bekeer. Mag jy ander met Wysheid leer van hierdie soet brood wat jou vul, jou versterk en met Lig omhul. Amen. Met Liefde uit My Vaderhart.

Groete

Nalize


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205