Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 188 van Elohim aan Lukaas van Hout op 2 Julie 2014

 

"Skryf nou Lukaas en skryf en spreek My woorde sagkens tot die harte van hulle wat na My luister, hulle wie Ek so liefhet."

"Vir hulle wat nie na My luister nie, julle dink dat hierdie winter nie daardie winter is wat voorspel is nie, as gevolg van die baie warm dae waarmee Ek julle geseën het?"

"Julle moet nie dink dat die vrygewigheid van My liefde vir julle, omdat Ek die groeitydperk verleng het, soos wat ook voorspel is, nie ook deel is van die koue van hierdie winter nie."

"Die tyd is naby vir die koue van hierdie winter, onbekend in die harte en gedagtes van hierdie geslag, 'n koue wat sal kom van die natuur soos wat Ek julle gewaarsku en gesê het dat dit sal kom."

"Een koue van een winter van die harte van hulle wat nie na My luister nie, word nou die bitter koue van daardie winter van die natuur en die benoudheid wat dit oor hierdie nasie van MY Suid-Afrika sal bring."

"Onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou dat selfs al bring hierdie winter die bitter koue, sal Ek aanhou om julle te seën en julle te behoed soos wat Ek julle reeds vertel het."

"Dit is nie My wil dat julle moet ly nie, tog is daar diegene van My volk wat nie voorberei het vir die bitter koue wat sal kom en hierdie lande tref nie."

"Dit is daardie winter; dit is daardie winter en hierdie winter, hierdie bitter koue winter wat naby aan julle is, onbekend aan hierdie geslag, wat daarmee saam 'n benoudheid oor hierdie lande sal bring soos wat daar nog nooit was nie, 'n benoudheid wat My Boere, My Huis van Israel en My Dogter van Sion sal verenig."

"Die benoudheid van hierdie winter sal uiteindelik die hindernisse verwyder wat Ek so lank gelede op julle harte geplaas het om julle geskei te hou tot in hierdie tye."

"Ja, hierdie hindernisse sal uiteindelik verwyder word, so groot sal hierdie benoudheid wees wat uiteindelik sal veroorsaak dat julle in julle behoeftes sal verenig om die komende benoudheid te oorleef "

"Soos wat die hart van Farao teen My verhard het gedurende die tye van Moses, so het julle harte teen My verhard, as gevolg van al julle ellende, deurgegee van geslag tot geslag, beginnend met die bitterheid van julle vernederende nederlaag in 'n oorlog, byna grafstil in die geskiedenis van die nasies van die aarde, maar 'n oorlog wat steeds voortgaan om daagliks na My uit te roep om geregtigheid, 'n oorlog en `n tragiese weemoedige nederlaag wat geen rus of verligting ken in die gemartelde harte van hulle wat onthou hoe bitter dit was nie. "

"Julle moet nie nou of ooit dink nie, o My Huis van Israel en o My Dogter van Sion, julle moet nie nou of ooit dink dat hierdie bitter winter wat nou naby julle is, 'n vervloeking, oordeel of straf van My is nie. "

"Die winter het oor julle gekom om julle voor te berei vir daardie seëninge wat die Profete voorspel het vir die tye van die herstel."

"Soos wat die hart van Farao teen My verhard het gedurende die tye van Moses, so het julle harte teen My verhard gedurende hierdie tye en so het hierdie winter met sy benoudheid oor julle gekom om julle te verenig in My naam, EK IS wat Ek IS JaHshua, EK IS wat EK IS Ne'eman V'Yashar, getroue en ware een, Ek het julle so lief."

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205