Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 181 van Elohim aan Lukaas van Hout op 21 Mei 2014

“Sal Ek, die Skepper en liefdevolle Vader, nie My kinders met My woorde voed so lank as wat hulle dit mag nodig hê nie?”

“Watter ouer onder julle sal ooit nalaat om woorde aan sy kinders te gee, veral in tye van vrees, ellende en dood?"

“Sou enige ouer onder julle ophou om hul kinders te waarsku van die verskrikking en ellende wat binnekort oor hulle gaan kom?”

"EK IS wat EK IS en Ek is die brood van die lewe, Ek sal julle altyd voed, altyd!"

"Hulle wat julle anders leer, is van hul vader, die duiwel; vlug van hulle af, want hulle dien nie My wil nie, ook glo hulle nie in My EK IS, nie"

“Vertel My Huis van Israel en My Dogter van Sion, vertel hulle dat die woorde waaragtig is en spruit uit die geestelike en uit die goddelike begrip, hierdie woorde;

“en dink nie om vir julleself te sê, ons het Abraham as vader nie, want Ek sê vir julle dat Elohim in staat is om kinders vir Abraham uit hierdie klippe te verwek.”

“Ja, My Huis van Israel, My WARE Huis van Israel was verborge was vir die oë van die mens en vanuit die mensdom, sommige is van die lande van hulle voorouers na ander lande, sommige is deur hul lyne van afkoms versteek en het soos ander geword, omdat Ek die woorde gespreek het om dit so te laat plaasvind, want dit was My wil om geestelik en goddelik die harte, die gedagtes, die geeste, die liggame en die siele te deurdring van die wat My sou soek, en hulle wie Ek sal roep om te wees soos kinders van My Huis van Israel."

“Skryf My woorde aan hulle en vertel My Huis van Israel dat My Huis van Israel altyd sal bestaan en sal nie nou of ooit misluk nie, omdat My Huis van Israel Myne is.”

“Ek het hierdie Huis geskep om My wil te dien vir My planne en vir My doeleindes in hierdie wêreld vir die tye wat verby is, in hierdie tye, die tye wat nog moet kom, die tye van die duisendjarige koninkryk tot aan die tye van die nuwe hemel en die nuwe aarde en selfs verder tot in die goddelike ryke het Ek hierdie Huis geskape om My wil te dien vir My planne en vir My doeleindes.”

"My Huis van Israel moet bestaan en My Huis van Israel sal bestaan vir My planne en vir My doeleindes in alles wat Ek voorberei het en wat Ek so graag vir julle wil gee en met julle wil deel, My Huis van Israel, tot in alle ewigheid."

“Stap saam met My, My Israel en praat vandag met My, kom laat ons die saak met mekaar uitmaak, in die geestelike en in die heilige gebied van begrip, wat Ek op julle harte skryf en wat Ek julle lei om te verstaan.”

“Onthou, EK IS julle liefdevolle Vader, Israel, EK IS julle liefdevolle Vader, dink deeglik daaroor toe Ek met daardie eerste Huis gespreek het en soos wat Ek julle in hierdie tye vertel het, dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dat Ek nog 'n Huis van Israel sal verwek as hierdie Huis My sal faal.”

“Julle moet nie nou of ooit dink dat daardie eerste Huis wat My so verraai het, selfs tot op hierdie dag en selfs nog meer nadat My verbond met hulle beëindig is, glo nie dat dit My Huis van Israel is nie, hulle wat My verraai het vanuit hul eie voorsate en voorvaders.”

"Hulle, baie van hulle, het daardie sinagoge van Satan geword waarteen julle gewaarsku is en hulle wie My en My kinders verraai het, is laer in My oë as die mees veragtelikste wesens."

"My verbond met daardie Huis het geëindig as gevolg van hul verraad teenoor My lewende, geskrewe en gesproke woord."

"My verbond met daardie Huis het geëindig, omdat hulle die liefde van hierdie lewe verkies het in stede van die liefde vir My lewende, geskrewe en gesproke woord, wat gevind word deur die geestelike en goddelike geloof wat Ek so verlang het om aan hulle te gee, maar die woeker van hul eie harte was groter."

"My verbond word slegs herstel of gegee aan die harte, die verstande, die geeste, die liggame en die siele van hulle wat My soek deur My geskrewe, lewende en gesproke woord, hulle wat poog om My wil te doen, en hulle wat My deur die geestelike en deur die goddelike soek!"

“Daar is geen ander Huis as My natuurlike, geestelike en goddelike Huis van Israel nie en dan slegs soos wat Ek sal kies om te definieer of om te skep.”

“Julle moet dit nou en altyd onthou, dat My Huis van Israel bestaan en woon binne die natuurlike, geestelike en die goddelike, soos wat Ek wil!”

"Laat julle harte nie nou of ooit vermoei of afgemat raak oor hierdie aangeleenthede nie, want selfs nou al is die bose een en sy leërskare besig om hulle met groot geleerdheid, wysheid en kennis van hierdie wêreld, voor te berei om julle uit te daag in hierdie geloof as My Huis van Israel."

"Baie sal val en baie sal faal en baie sal My Huis van Israel verraai, omdat hulle verkies het om hierdie begrippe nie deur die geestelike en deur die goddelike deure, wat Ek van binne en van buite julle harte met My eie hand geopen het, te soek nie, wanneer julle My in hierdie aangeleenthede sal soek."

"Onthou, want Ek het julle reeds gesê dat Ek My woorde aan julle sal gee om in julle uur van beproewing te spreek!"

“Julle moet ook onthou en dit in diepte deurdink dat My Huis van Israel My wil doen, wie ookal, wanneer ookal en hoe ookal Ek DIT WIL!”

"EK IS 'N JALOERSE ELOHIM, en EK IS jaloers oor julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion."

"Geen ding, geen mens, niemand kan ooit sê dat die Huis van Israel aan hulle behoort en aan hulle alleen nie, want DIT IS MY HUIS VAN ISRAEL."

"Hulle wat sulke dinge sê, wat dit leer en wat dit doen, gaan voort om die vader van hul voorsate en hul voorvaders, die duiwel, te dien, die eerste leuenaar, die eerste dief en die eerste moordenaar.

"Hulle het die valse geestelike en leuenagtige diewe van die siel geword en dink dat hulle MY Huis van Israel van My kan steel, netsoos wat Satan gedink het dat hy My troon vir hom kon toe-eien!"

“Onthou, MY HUIS VAN ISRAEL, ONTHOU, deur geloof is julle geroep, en julle kan nie en julle sal nooit in My Huis van Israel ingeroep word nie, TENSY EK JULLE DEUR JULLE HARTE GEROEP HET OM TE WORD, TE WEES EN TE LEEF AS MY HUIS VAN ISRAEL!”

“Dit is waarom Ek vir julle gesê het: Uit hierdie klippe is Ek in staat om die saad van Abraham op te wek!”

"Kom Israel, wandel saam met My, laat ons die saak met mekaar uitmaak soos Vader en Seun."

“Was My woorde, al My woorde, lewend, geskrewe en gesproke, was al My woorde nie met julle sedert die eerste asemtog nie, tog faal baie van julle nog steeds om selfs die eenvoudigste begrippe van hierdie geestelike en goddelike geloof te verstaan, dat EK IS en Ek julle sal lei.

"Dit is die eenvoudige geloof, wetende dat EK IS en dat alle dinge, ALLE DINGE moontlik is deur My en dat alle dinge aan MY behoort, ALLE DINGE!"

“Onthou Israel, My seun, onthou, alle dinge dien My wil en alle dinge dien My planne vir My doeleindes, alle dinge word wat Ek wil hê hulle moet word, sommige word natuurlik, sommige word geestelik, sommige word goddelik en sommige word al hierdie en sommige word selfs meer, want anderkant die goddelike is My gedagtes, wat, as dit eers begin het, nooit kan of sal eindig nie, ook nooit niks sal word of ooit vergeet sal word nie.”

"My gedagtes dra lewe, want My gedagte is die begin van die lewe en die begin van die skepping."

"Israel, seun, julle moet nie nou of ooit vrees deur hierdie tye, die tye wat nog moet kom, en selfs tot by die millennium koninkryk, moet julle nie vrees as My Huis van Israel wat is en sal word wat Ek wil nie."

"Israel, julle moet van hierdie woorde kennis neem, dit verstaan en in diepte oorweeg, want baie, baie meer sal nog as My Huis van Israel kom uit hierdie klippe van die mens, soos wat Ek hulle sal vervul om dit te word."

“Onthou, Israel, julle moet nie nou of ooit vergelyk word met daardie Huis van Israel wat 'n sinagoge van Satan geword het, omdat hulle gekies het om nie My lewende, geskrewe en gesproke woord te verstaan nie, selfs toe Ek as JaHshua na hierdie wêreld gekom het, na daardie Huis wat Ek so liefgehad het nog liefhet, en hulle My so verraai het.”

“Onthou, DIT IS MY WIL, MYNE en MYNE ALLEEN om met alle dinge te doen wat Ek ookal kies om daarmee te doen!”

"Israel, My Huis van Israel en My Dogter, Dogter van Sion, julle moet nie nou of ooit deur hierdie tye, die tye wat kom en selfs tot by die millennium koninkryk vrees nie, julle moet nie vrees as My Huis van Israel wat is en sal kom soos wat Ek dit wil nie, want Ek ken julle harte en het met My eie oë gesien, met My eie oë het Ek My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika gesien wat My soek en My so liefhet."

“Het julle al vergeet dat Ek vir julle gesê om uit te kyk vir My en My leërskare, soos wat die finale voorbereidings vir My Suid-Afrika gemaak word?”

“Het julle al vergeet dat Ek vir julle gesê het dat Ek in jul midde wandel in My Suid-Afrika gedurende hierdie laaste oorsig?”

"Julle moet weet, julle moet verstaan en julle moet dit in diepte deurdink dat Ek julle werke GESIEN HET en dat Ek die groot offers gesien het wat vir My, My volk en My Huis van Israel gemaak is."

"Israel, My seun, julle moet weet, verstaan en hierdie woorde in diepte deurdink, want alhoewel Ek nodig gehad het om julle te vermaan en te tugtig, sal My Huis van Israel My hierdie keer nie faal nie, want dit is My wil om julle daardie Heilige Volk te maak waarvan die profete gespreek het oor al die dinge wat Ek in julle harte gesien het, wat julle doen om My wil en My kinders in liefde te dien."

“Onthou Israel, My seun, jy moet van hierdie woorde in diepte kennis neem, verstaan en oorweeg, want Ek, EK IS, EK IS wat EK IS wandel binne en buite julle harte.”

"Die tyd is min, My seun en My Dogter, die tyd is min, die skadu`s van hierdie nasie is lank na sononder, hou op om te twis en gaan voort om My met julle harte te soek in My woorde, elkeen van hulle, want soos wat Ek reeds vir julle gesê het, het Ek baie waarheid, wysheid en kennis in My woorde verberg vir hierdie tye, die tye wat nog moet kom, tot by die duisendjarige koninkryk en daarna, het Ek baie waarheid, wysheid en kennis binne My woorde versteek, ONTHOU!"

“Julle moet onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle moet onthou en dit deeglik oorweeg dat Ek baie waarheid, wysheid en kennis binne My woorde verberg het, op dieselfde wyse waarop Ek My Huis van Israel verberg het.”

“Soek en julle sal vind!”

“Julle moet onthou, My Huis van Israel, onthou, soos wat Ek julle reeds gesê het, julle moet soek, julle moet soek, julle moet hulle soek wie Ek vir julle gemeentes voorberei het, wie en waar hulle ookal mag wees, hulle wat welbekend is vir hul geestelike en goddelike geregtigheid, hul godsvrug, hul betrokkenheid, hulle liefde en hul toewyding aan My en aan julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, julle moet na hulle soek.”

“Onthou, Ek het hulle met My eie hand gekies en voorberei om My woorde met julle te spreek en te skryf in die tye ná die vlug.”

“Neem kennis en verstaan dat Ek alreeds tot hul harte gespreek het oor hierdie aangeleenthede en hulle wag net om gevind te word in daardie vasgestelde tye.”

"Onthou, daar bly maar net 'n paar korrels in hierdie uurglas, soek en berei voor, soek en berei voor, soek en berei voor, die tyd is min, EK IS wat EK IS."

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205