Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 180 van Elohim aan Lukaas van Hout op 19 Mei 2014

"Aan My Huis van Israel buite die grense van My Suid-Afrika en aan daardie Farao wat My volk so teister."

“Jy moet nou skryf, dienskneg van diensknegte, jy moet nou met groot haas skryf en jy moet nie vir een oomblik ophou om My woorde te skryf wat deur My op jou hart beveel word in hierdie uur nie, so vreeslik is die tye wat moet kom vir hierdie Huis van Israel en My volk in daardie lande.”

“JY moet nou hierdie woorde skryf, My woorde, want die tye is kort vir My Huis van Israel en My volk buite die grense van My Suid-Afrika.”

“Jy moet nou skryf en waarsku My Huis van Israel wat Ek so liefhet en koester en My volk wat Ek so liefhet en koester, jy moet nou skryf en hulle waarsku, want die woorde wat Farao in daardie lande teen My volk gespreek het, om te neem wat nie hulle s'n is nie, sal gebeur en sal uitgevoer word soos wat Ek gespreek het.”

"Ek ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het dit wat gaan kom toegelaat, met baie jare van waarskuwing, met baie jare van waarskuwing het Ek toegelaat wat nou gaan gebeur, vir My planne en vir My doeleindes waarvan Ek dikwels met julle spreek, My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika en My Dogter van Sion."

“Nou sal julle begin om die hand te sien van 'n angswekkende en vergeldende EK IS!”

“Nou sal julle en nou sal die hele mensdom deur hierdie gebeure begin om die toorn, My toorn, die vreesaanjaende en skrikwekkende toorn van 'n woedende Vader sien teen hulle wat My hele volk so geteister het!”

“Luister nou na My, rebelse en hardnekkige wêreld, MY WÊRELD, luister nou na My, met vreesaanjaende, angswekkende en ontsagwekkende verwondering deur hierdie woorde, direk tot die hart van hierdie dienskneg gespreek.”

“Gee gehoor aan hierdie finale waarskuwings van My en aan daardie Farao wat My volk so teister!"

“Gee gehoor aan hierdie waarskuwings en luister na hierdie woorde wat Ek reeds tot julle gespreek het deur baie van My diensknegte en selfs uit die mond van hulle wat die bose een dien, gee ag op hierdie waarskuwings en luister na hierdie woorde, want hierdie tye van dood en verwoesting sal in daardie lande plaasvind.”

"Hulle van My Huis van Israel en hulle van My volk wat nie binne hierdie toegelate ontsnaptyd gaan vlug nie, verskriklik, vreeslik en ellendig is die verdrukking, verskriklik, vreeslik en ellendig is die verdrukking wat gaan kom en wat op hulle sal neerkom!"

“Hulle sal baie ly, omdat hulle nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie!”

“Hulle sal baie ly, omdat hulle nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie!”

“Hulle sal baie ly, omdat hulle nie gehoor gegee het aan hierdie waarskuwings nie!”

“Berei julle nou met alle haas voor, BEREI JULLE NOU VOOR en streef nou daarna om te vlug vanaf hierdie Farao van daardie lande, want Ek het tot sy hart gespreek en het sy hart keer op keer gedurende hierdie vele jare versterk vir My en vir My volk, vir My planne en vir My doelwitte, maar hy sal nie na My luister nie, nóg sal sy volk na My luister, so donker en boos het hul harte van despotiese gierigheid teen My, My Huis van Israel en My volk geword in daardie lande.”

“Hulle sal daardie Sprinkane word waarvan Ek julle alreeds gewaarsku het, om as 'n voorbeeld te dien van wat moet kom in daardie tye wanneer die swerms sprinkane die lande gaan verteer.”

"Hierdie tye van hierdie verskriklike ellende moet gebeur en hierdie tye van hierdie vreesaanjaende en vreeslike ellende sal gebeur sodat die Huis van Israel, My Huis van Israel, en My volk regoor die hele wêreld sal begin verstaan en begin kennis neem en uiteindelik sal begin voorberei vir dit wat moet kom, slegs deur hul geloof in My, EK IS Jahshua.

"Hierdie tye van hierdie verskriklike ellende moet plaasvind en hierdie tye van hierdie vreesaanjaende en vreeslike ellende sal plaasvind, sodat die Huis van Israel, My Huis van Israel en My volk regoor die hele wêreld uiteindelik sal begin om hulle geloof voor te berei vir daardie groter verdrukking en beproewing in hierdie grootste ure van julle beproewing en verdrukking wat nog moet kom!"

“GEE AG OP HIERDIE WAARSKUWINGS en doen soos wat Ek beveel het, naamlik om te vlug vanuit daardie lande van daardie Farao!”

"Ek het die hart van daardie Farao versterk en Ek het gedurende baie jare oor en oor deur My Heilige Gees 'n beroep tot die hart van daardie Farao gedoen vir My Huis van Israel en vir My volk in daardie lande, vir My planne en vir My doeleindes!"

"Daardie Farao en sy volk het hulle harte vermakerig en arrogant verhard teen My en My Heilige Gees."

“Daardie Farao en sy volk het vermakerig en arrogant op My woord getrap en gespoeg.”

“Daardie Farao en sy volk het My as Jahshua vermakerig en arrogant onder hulle voete vertrap”

“Daardie Farao en sy volk het My heil vermakerig en arrogant geweier."

“Daardie Farao en sy volk het My Heilige Gees vermakerig en arrogant geweier, wat gedurende hierdie baie, baie jare tot hul harte gepleit het."

“Al hierdie dinge het daardie Farao en sy volk direk in My aangesig gedoen, teen My wil wat hierdie baie, baie jare tot hulle harte gespreek het om hulle te waarsku.”

"Soos wat hulle My verloën het, so sal Ek hulle verloën."

“Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en al hierdie woorde in diepte en in gebed deurdink, deur daardie geestelike en Goddelike poorte wat Ek in julle harte geopen het, julle moet kennis neem, julle moet verstaan en julle moet al hierdie woorde in diepte deurdink!”

"Ek het versterk en Ek het 'n beroep gedoen op die hart van Farao en sy volk deur My Heilige Gees gedurende hierdie baie, baie jare, sodat hierdie wêreld, MY WÊRELD sal weet dat Ek, ja EK IS, die wêreld SAL weet dat EK IS."

"Ek het versterk en Ek het 'n beroep deur My Heilige Gees op die hart van Farao en sy volk gedoen gedurende hierdie baie, baie jare, sodat hierdie wêreld, MY WÊRELD sal weet en sal verstaan dat selfs met hierdie laaste korrels sand in die uurglas vir daardie Farao, sy land en sy volk, dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek die Aleph v'Tav, Alpha en Omega, Ek, die Rosh vaSof, begin en die einde, Ek ja Ek, EK IS, Tsemach Tsedakah, SPRUIT VAN GEREGTIGHEID, het hulle gewaarsku, ALMAL VAN HULLE, selfs tot op hierdie laaste oomblikke het EK IS hulle gewaarsku om as 'n voorbeeld vir MY WÊRELD te dien!”

"Julle moet kennis neem, julle moet verstaan en julle moet al hierdie woorde in diepte in gebed deurdink, deur daardie geestelike en Goddelike poorte wat Ek in julle harte geopen het!"

"Na hierdie vlug en gedurende daardie tye van verdrukking en vervolging van hulle van My Huis van Israel en My volk wat nie na My woorde geluister het om gered te word en hierdie verskriklike en vreeslike ellende gespaar te gebly het nie, na hierdie vlug, sal Ek daardie Farao oordeel, sy land en sy volk as 'n laaste en finale waarskuwing aan die Farao's van Suid-Afrika en selfs tot die ander Farao`s van hierdie Afrika, MY AFRIKA en die Farao's van hierdie wêreld, MY WÊRELD, en sal hierdie oordele plaasvind om hulle te waarsku!"

“Julle moet nie nou of ooit in julle vergeefse blindheid en arrogansie van julle slegte en bose harte dink, Farao's, dat My hand ooit in al die sake van die mens sal faal nie!”

“Julle moet nie nou of ooit hierdie dinge dink nie, want My Hand, JA MY HAND, raak aan AL die sake van hierdie wêreld, MY WÊRELD, MY HAND RAAK AAN AL DIE SAKE VAN DIE MENSDOM EN AAN AL DIE SAKE VAN HIERDIE WÊRELD en deur My eie hand sal Ek die gees van Abáddon vrylaat, die verwoester oor hierdie lande van daardie Farao wat My volk so teister.”

"Ja, Ek sal die gees van Abáddon, die verwoester, vrylaat oor hierdie lande van daardie Farao wat My volk so teister."

"In daardie dae en in daardie tyd sal Abaddon rondswerwe en vernietig en verslind wat hy ookal wil en wat hy ookal begeer, want Ek sal dit toelaat!"

"Julle moet weet, julle moet verstaan en al hierdie woorde in gebed in diepte deurdink deur die geestelike en Goddelike poorte wat Ek in julle harte geopen het!"

"In daardie dae en in daardie tyd sal hierdie bose volk en hierdie bose Farao warrelwinde maai van oeste van die saad van vernietiging wat hulle met hul eie hande, teen My wil, geplant het."

"In hierdie lande sal daardie Farao en sy volk TEN VOLLE kennis neem en in hierdie lande sal hulle My bely, EK IS wat EK IS Jahshua!

"In daardie dae en in daardie voorafbepaalde tyd sal hierdie bose volk en hierdie bose Farao buig voor My en bely dat EK IS wat EK IS Jahshua.

“Gaan nou vinnig weg van My en gee hierdie woorde soos wat Ek jou beveel het om te doen.”

Ek IS wat EK IS.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205