Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 176 aan Lukaas van Hout op 6 Mei 2014

“Het Ek julle nie gewaarsku nie, julle valse leiers en herders van My volk?”

“Het Ek julle nie oor en oor en met die grootste geduld en liefde gewaarsku, sodat selfs die volk tot op hierdie einste uur My getuie is van hierdie vele, vele waarskuwings nie?”

“Het Ek julle nie geseën met 'n menigte van seëninge nie, die beste van die beste en die vetste van die seëninge van die aarde en het Ek julle nie ruimskoots baie, baie jare gegee om julle geloof in My te oorweeg nie, asook alles wat aan julle geopenbaar is deur baie van My uitverkorenes, tog het julle hierdie werke nie beskou as van My nie en het nie net My woorde geweier nie, maar My woorde weerhou van diegene wie Ek aan julle toevertrou het om hulle te rig en te lei?”

“Het Ek nie al hierdie dinge sagkens en liefdevol gedoen nie, oor en oor tot julle harte gespreek om julle in My woning van liefde en waarheid in te bring nie?”

“Het Ek nie al hierdie dinge gedoen nie?”

“Was dit regtig so 'n moeilike saak om julle harte na My op te hef en uit te roep: ABBA VADER, ons het gesondig, vergewe ons?”

Oomblik vir oomblik het Ek vir julle gewag en sou julle terug ontvang het en selfs meer as voorheen, as julle maar net na My geroep het, EK IS"

"Maar al verag julle My in My aangesig en al verag julle My woorde en My uitverkorenes tot aan die tyd van die finale verwoesting en verleiding van julle harte vanaf My, tog sal Ek in liefde na julle uitroep, voortdurend op soek daarna om julle te red van julle gekose dood."

"Ja, dit berou My dat baie dinge nou oorweeg moet word as gevolg van julle, maar soos wat Ek reeds gesê het, My woord staan vas soos wat dit geskryf is."

"Daarom is dit My oordeel oor julle; en waar tyd in hierdie tye en die tye wat nog moet kom vlietend sal wees vir hulle wie My gekies het, sal tyd vir julle, julle valse leiers en herders, grootliks vertraag word in My oordeel teen julle, vir julle verloëning van My aan My volk en julle herhaaldelike verloëning van My in My aangesig."

"Julle ure sal wees soos dae en julle dae soos weke en julle weke soos maande."

"In hierdie oordeel sal julle dan die tyd vind om julle werke te bedink, alhoewel julle julle harte van My afgewend het, tog sal julle in hierdie oordeel tyd gegun word om julle werke te bedink, elkeen van hulle, en groot sal julle ontroosbare angs wees."

 

"Al het julle My verlaat en My verraai en al sal baie sterf as gevolg van julle, tog moet die woorde van My uitverkorenes vervul word vir diegene van My Suid-Afrika en My Huis van Israel wat in My woon."

“Vir hulle wat in My woon, sal hierdie tye en die tye wat nog moet kom, vervul word soos wat Ek reeds gespreek het.”

“Van hierdie tye en van die tye wat nog moet kom, is daar deur die profete van die voortye geskryf aangaande die onheil wat na My Suid-Afrika sal kom.”

“Hierdie waarskuwings deur daardie profete het gespreek van hierdie tye en die tye wat nog moet kom en op wyses wat nie heeltemal verstaan was nie, as gevolg van hulle gewigtige openbaring, wat nie vir daardie tye was nie.”

"Die woorde, drome en visioene wat in vervloë tye gegee was, was gegee om die voorbereiding te begin van My Suid-Afrika, My Huis van Israel en My Dogter van Sion vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom, maar kon nie alles geopenbaar word nie, as gevolg van sommige waarhede daarin wat My Suid-Afrika, My Huis van Israel en My Dogter van Sion sou verhoed het om die woorde, drome en visioene van daardie tye te aanvaar."

"As gevolg van hierdie waarhede wat nou aan julle geopenbaar moet word, sou julle profete, dromers en hulle wat My visioene ontvang het, uitgewerp gewees het en die woorde, drome en visioene sou uit die geskiedenis verwyder gewees het.

Ook sou hierdie woorde van hierdie waarheid nooit in daardie tye deur My volk aanvaar gewees het nie, so ernstig is hierdie waarheid.”

“Nou sal Ek, Ha-Elohim sommige van die dieper waarhede van hierdie profesieë en visioene openbaar, omdat julle in staat is om dit te dra, alhoewel hierdie waarhede julle baie hartseer sal veroorsaak en baie ander dit met groot weersin en minagting sal dra.”

“Tog moet hierdie waarhede geopenbaar word vir die finale ontwaking van My volk teenoor al hierdie valse leiers en herders wat hulle so verblind het."

“Nou kan julle baie van hierdie waarhede verdra, omdat julle geskiedenis reeds geskryf is en hierdie geskiedenis kan nie betwis word as toekomstige visioene, woorde en drome wat was of kon gewees het nie.”

“Hierdie waarhede was altyd voor julle oë.”

"Julle hoef net te gekyk en gesien het dat hierdie onheil wat nou daar is en wat oor julle sal kom, die uitsluitlike verantwoordelikheid is van julle, julle valse leiers en herders wie My en My volk verraai het en wie selfs beide die goeie en slegte kinders van Gam verraai het."

“Ja, dit is julle en julle bedrieglike, geslepe boosheid wat hierdie rampe bewerk het oor My Suid-Afrika en My Huis van Israel!”

"Julle het gehoor en julle het gelees dat die kinders van Gam My Suid-Afrika en My Huis van Israel baie kwelling en baie ontsteltenis sal aandoen en dit sal so wees soos wat geskryf is, maar hierdie kwelling en ontsteltenis hoef nooit plaas te gevind het nie, as julle valse leiers en herders My geskrewe, lewende en gesproke woord, My aardse wet en My hemelse wet gevolg in al julle aangeleenthede, ja, ELKEEN VAN HULLE!"

"Soveel as wat hierdie kinders van Gam mekaar sal verraai in die tye wat nou op julle is, so sal My Suid-Afrika en My Huis van Israel julle openbaar, julle valse leiers en herders, julle sal deur waarheid en geregtigheid geopenbaar word weens julle bose dade."

“Nooit, nee nooit moes My woorde van My volk weerhou geword het nie, selfs die woorde wat van die Satan was, selfs daardie woorde moes aan My volk gegee word vir hul groei, lering en begrip, tog het julle jul troon bo My geplaas en het in julle bose en slegte harte bepaal watter woorde julle sou leer.”

"Sodoende het julle My volk onkundig gehou en hulle verslaaf gemaak aan julle valse leringe en doktrines van duiwels."

"So onkundig het My volk geword as gevolg van julle, dat hulle nie My stem ken nie, die stem van hulle liefdevolle Vader, die een stem wat hulle al van hul kinderjare af moes geken het."

“Tog ken hulle My nie, en ook ken hulle nie My stem nie, as gevolg van julle en julle ontkenning van My deur julle weiering om selfs van die baie, baie woorde wat Ek deur die jare aan julle gestuur het deur My uitverkorenes, vir wie julle geweier het om na te luister!”

"In julle kwade en bose harte het julle jul toe in julle sterflike harte aangematig, julle het julle aangematig om in staat wees om My woorde te onderskei van die woorde van die bose."

"Hierdie onderskeiding, hierdie geestelike onderskeiding behoort aan My en aan My alleen en word slegs gedeel met diegene wie elke keer hierdie onderskeiding deur gebed en vas deur My soek."

“Hierdie geestelike onderskeiding behoort aan My en aan My alleen, soos wat Ek wil en word slegs gedeel met hulle wie Ek sal kies om hierdie onderskeiding aan te openbaar in daardie tye van soeke vir My planne en vir My doeleindes!”

"Selfs julle is doof en blind vir My, julle liefdevolle Vader."

"My Huis van Israel en My Dogter van Sion; nou weet julle en nou verstaan julle waarom hierdie dinge My so berou het."

"Dit gaan altyd met groot hartseer gepaard wanneer die kinders van enige Vader sy raad weier en die raad van die dood kies in plaas van die woorde van ewige lewe."

“Ja, baie meer sal sterf in die tye wat kom as gevolg van julle, julle valse leiers en valse herders, en baie is reeds dood as gevolg van julle.”

“Hulle het geestelik gesterf, vermoor deur julle valse leringe en uitbeeldings van My.”

"Ja, julle het hulle geestelik vermoor."

“Neem kennis en verstaan dat hulle wie julle geestelik vermoor het, te wete sal kom hoe julle hulle verraai het en hoe julle hulle vermoor het.”

"My Suid-Afrika en My Huis van Israel sal julle aan My openbaar vir hierdie moorde en dan sal julle weet en dan sal julle sien en dan sal julle My Melgisèdek Orde verstaan waarvoor julle sal staan, skuldig."

EK IS wat EK IS, EK IS Devar Ha-Gajim die enigste Devar Ha-Gajim!

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205