Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 172 aan Lukaas van Hout op 22 April 2014

"Julle bose en goddelose kinders van Gam wat dink dat Ek blind, doof en magteloos is in die aangeleenthede van die kinders van Gam!"

“Dink julle jul kan daardie broers en susters van julle bedrieg wat My goeie kinders is en My wil soek?”

“Dink julle dat julle deur jul eie aardse sterflike mag julle ontrou en verraad sal kan weerhou van hierdie goeie kinders?”

“Ken julle My nie teen hierdie tyd al goed genoeg om te verstaan dat alle dinge deur My moontlik is nie?”

“Ja, deur My, EK IS wat EK IS, is alle dinge moontlik en raak dit so volgens MY WIL vir My planne en vir My doelwitte!”

"Kan julle nie onthou nie, of het julle alreeds vergeet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ha-Elohim, direk met julle gespreek het dat die geld van Farao hom sou verraai?"

“Dit het julle gesien en hierdie verraad van die geld van Farao het net begin!”

“Dit het Ek vele weke gelede aan julle gesê, sodat julle kan weet en glo dat dit Ek is, EK IS wat EK IS, Ha-Elohim wat spreek deur hierdie woorde tot julle en tot enigeen wie Ek kies!”

“Ek sê aan julle, bose kinders van Gam, op hierdie dag sê Ek aan julle dat julle verraad en julle ontrou teen julle broers en susters, die goeie kinders van Gam, ja al hierdie verraad en al hierdie ontrou, selfs die mees verborge, sal bekend word aan hierdie goeie kinders van Gam.”

"Al julle dade, ELKEEN VAN HULLE, vanaf die kleinste tot die grootste, vanaf die mees sigbare tot die minste sigbare sal hierdie goeie kinders sien en te wete kom."

"Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek sal al julle dade aan hierdie goeie kinders openbaar deur die openbaarmakende krag van My Heilige Gees."

"My Heilige Gees sal al julle dade bekend maak aan hierdie goeie kinders, want op daardie dag en in daardie tyd sal My stem deur My Heilige Gees tot hulle harte spreek om julle dade aan hulle te openbaar!”

“Hierdie goeie kinders sal nooit weer bedrieg word deur hul bose broers en susters nie, want op daardie dag en in daardie tyd wanneer My Heilige Gees julle dade gaan openbaar, sal hulle weet dat dit My stem is, EK IS wat EK IS, Melek Israel!”

"Ek sal al julle dade openbaar, julle bose en goddelose kinders van Gam, Ek sal al julle dade openbaar aan hierdie goeie kinders en op daardie dag en in daardie tyd wanneer julle dade geopenbaar word aan hierdie goeie kinders, sal julle broers en suster word soos die hiëna van baie droogte seisoene."

“Hierdie goeie kinders sal barbaars en welbewus, sonder genade of meegevoel, teen julle draai en sal julle heeltemal verslind vanaf hierdie lande.”

“Hulle sal nie ophou met hul verslinding totdat hulle rasende honger geblus en gestil is nie.”

“Neem kennis en verstaan dat dit as gevolg van julle groot boosheid is wat My Heilige Gees van julle verdryf is, en dat Ek sal toelaat dat die bose een en sy leërmag die wrede verslindende gediertes word deur julle broers en susters.”

"Op My tyd en in My plek sal hulle met hul verslinding voortgaan, totdat Ek 'n gees van vrede onder hulle sal herstel."

"EK IS wat EK IS, EK IS Melek (koning van) Jisrael, Ek het gespreek!"

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205