Openbaring 47 deur Judith de Beer

Openbaring 47

12 Julie

Netsoos wat My leerlinge My 2000 jaar gelede as die Verheerlikte Godheid, sien terugkeer het van My aardse genade-sending na My geestelike Wysheids- en Liefdeshemele, netso sal julle, My uitverkore diensknegte, My Geestelike wederkoms as eerstelinge in die gees ervaar en elkeen sal van My die gawes ontvang, waarvoor julle onwetend oor `n lang tydperk voorberei was en nou bekwaam voor is. Maar met die blaas van die laaste ramshoring hier op aarde, sal Ek `n enkele fisiese verskyning kom maak, wat elke oog sal sien en dit sal as `n skrikwekkende oordeel vir almal wat nie Myne is nie, wees.

Huidiglik is daar baie onder Myne wat voel asof hulle voor `n geestelike afgrond staan en baie eensaam en verlate voel. In baie gevalle voel dit vir julle asof Ek ewighede van julle verwyder is en julle My nêrens kan vind nie en in benoudheid vra julle dieselfde vraag, as die een wat Ek op Golgota gevra het.  "My God, waarom het U my verlaat". Ja hierdie vraag was ook My laaste vuurproef en daarom kan Ek julle ook uit eie ondervinding bemoedig, deur te sê. "Wanneer die nag op sy donkerste is, is die deurbreek van die son baie naby". Ek wil julle verseker dat Ek die heel tyd, dig by julle is. Ek ken elkeen van julle, My geliefdes, persoonlik by die naam en elkeen van julle, met sy eie unieke karakter, is vir My die hoogste kosbaarheid. Ek sê vir julle dat ondenkbaar baie hemelse skares bewus is van elke geestelike oorwinning wat julle, hulle beliggaamde broers en susters, op hierdie aarde bereik. Nou weet julle ook dat My ware diensknegte wat nou op aarde is, wesens is, wat van bo gebore is en hulle het Ek met My eie hand gekies. Die stryd en oorwinnings wat hierdie mense op aarde behaal, het `n geestelike invloed op ongekende ewigheidsgebiede, wat vir die aardse begrip onmoontlik is om te begryp. Weet daarom dat Ek self in hierdie dae, in My Gees, by hierdie kinders neerdaal en beskermend kom Ek persoonlik, om hulle met my bemoedigende Vaderliefde, te omhels.