Openbaring 35 deur Judith de Beer

Openbaring 35

30 Junie 2007 om 9h30

Huidiglik is daar hier op aarde ‘n gruwelike sleutel, wat alle organisasies, regerings, politieke instansies en regstelsels, na willekeur kom oop en toesluit. Ja, hierdie sleutel is in beheer van alle banke en geldstelsels wêreldwyd. Onder die kodenaam van “Boas”, is dit ook die toegangsleutel tot bykans elke kerk en geloof op aarde en hierdie sleutel is die eiendom van die sogenaamde “vrye denkende bouers”. Die ou Testamentiese Boas van die boek Rut, word as rolmodel gebruik en bedrieglik word daar bolangs oor die weduwee gewaak. Die hele bloedlyn van Jakob, ja self die simboliek van die heilige ark, is goedsmoeds as eiendom deur hulle gekaap. Alle rykdomme en grondstowwe, word ook vraatsugtig deur hulle verslind. Onder die koninklike ster van Dawid, pronk hulle as selfaangestelde konings oor die aarde en alle regerings word deur hulle gemanipuleer. Met ‘n kunsmatige en valse wysheid van Salomo, word daar gepoog om ‘n Nuwe Jerusalem met ‘n oorkoepelende industriële tempel op aarde te vestig. Deur koop en verkoop wil hulle elke mens bind en die siel sy vryheid so ontneem. As ‘n bokspoot gerub, bied hy homself spottend as Sion, by die “groot Argitek van die heelal” aan. Aan die mag van hierdie gruwel sleutel, sal daar skielik ‘n einde kom en in sy plek sal ‘n engel met ‘n nuwe sleutel staan en die onderaardse dieptes sal bokant hierdie dienare van die duisternis, oor ‘n baie lang tydsperiode gesluit en verseël word.