Openbaring 17 en 18 deur Judith de Beer

Openbaring 17

11 Junie 2007 om 8h00

Jy spook met die volgende vraagstuk of alle rasse, nasies en volkere as `n eenheid onder `n enkele geloof onder een Godheid moet staan en Ek antwoord jou dat Ek met dieselfde woede waarmee Ek die eenwêreld poging onder die heerskappy van Nimrod met die grootste verwarring getref het, netso gaan hierdie gruwel van alle gruwels, wat tans sy verskyning in `n eenwêreldorde gemaak het, met `n vernietiging tref, soos wat geen oog nog ooit aanskou het nie. Ek is God en niemand is daar soos Ek nie, vanaf die kleinste tot die onmeetlike het Ek met My eie hand in Wysheid en Liefde geskape. Ek Self het alles in My onveranderlike orde geplaas en wee die een wat homself wil aanstel om iets daaraan te verander. Vir die kleine mossie het Ek `n mossie as maat geskape en so het Ek regdeur die skepping vir elke skepsel `n soortgelyke maat geskep waaruit hulle gelyksoortiges voortgekom het. En soos wat Ek die diere toegerus het met verskillende klanke waardeur hulle hulself kenbaar vir mekaar kan maak, netso het Ek die verskillende mense elk met sy eie taal en gewoontes volgens My Wysheid toegerus. Deur My Goddelike insig is daar ook verskillende talente aan die volkere toebedeel, sodat almal tot voordeel van mekaar kan wees. My teenstander het weer soos van ouds, met sy bose strategie, die volkere aangehits om as `n magtige eenheid hul koninkryk bo My te verhef.

Dit bring ons terug by jou vraag en hier waarsku Ek jou met nadruk dat enige een wat `n voorstander van vermenging is, `n dienskneg vanuit die diepste hel is.

 

Openbaring 18

11 Junie om 5h30

Paulus was gister onder bespreking en half verskrik het jy na die heftige konflik daarvan geluister. Daarom gaan Ek jou vandag kortliks die lewe en doel van Paulus vertel. Hierdie man wat by uitstek een van My grootste vervolgers was, het uitdagend sy swaard teen My, die Seun van mens getrek en onvermoeid het hy My geliefde navolgers vervolg, omdat daar geen liefde vir My in hom was nie, maar slegs `n verwronge geregtigheid om My te vervolg, kon Ek Myself slegs deur dit wat aan hom bekend was, geweld, bekend maak. Daarom het Ek Myself, in die oordeel van die Godheid, in `n breuk van `n oomblik aan hom getoon, wat hierdie geestelike blinde met volle blindheid getref het, sodat hy by die hand na My gelei moes word. Daarom is dit aan hom as doring in sy vlees gegee om vanaf daardie dag, weer op sy beurt, die blinde vervolgers en versmaaiers van My woord na My toe te lei. Verbaas jou daarom nie baie oor die heftigheid wat altyd met Paulus gepaard gaan nie. Dit is maar net My Paulus wat op sy beurt vurig die heiden na My toe lei.