Boodskap aan Gert van Zyl op 10 Mei 2014

Winterskinders! O winterskinders van My! Hoe lank nog?! Hoe lank nog moet ek julle gletserharte vol ys verdra? Hoe lank nog voor julle sien dat die lente en somer seisoen julle aarde laat lewe? Wanneer sal julle My, EK IS!, as die Ewige Groot Son toelaat om oor julle te verrys en die ys van die dood te smelt en te omvorm tot strome van Lewe? Kyk oor julle aarde en sien dat My seisoen om julle reeds verander het! Kyk na My tekens wat ek in die hemele geplaas het en steeds plaas. Julle is My Boere! Groot is die snood wanneer My boere slaap en sluimer en nie uitgaan om dit te doen waarvoor Ek hulle verwek het nie. Hartseer is elke groeiseisoen wat My boere verkwis en die lande leeg en onbewerk agterlaat! Erger en erger word elke winter omdat daar dan n tekort aan My koring op die lande is. Weet! Weet! Weet dat elke sorgelose boer rentmeesterskap van elke seisoen op die aarde sal gee oor dit wat Ek hom mee toevertrou het! Sy sorgelose seisoene sal hy weer moet goedmaak. My Wintersboere julle ongesaaide koring roep uit na My! Staan op! Staan Op! Staan Op! Bewerk julle aarde want My oestyd is op julle! Kom uit die slaapkamers uit en kom in die lande, My lande! Welgeluksalig is die oesland waar Ek kom en die saaier daar vind, besig om te arbei! Groot sal My hart ontvlam teenoor hom. Sonskyn en reen sal sy lande seen en voorspoedig sal hy wees in My. Amen! EK IS! EK IS! EK IS!