Woord aan Nalize op 14/4/2014:

Ek het vanoggend voor 5 uur ontwaak met 'n duidelike beeld van 'n engel wat langs my bed staan. Ek was bewus van detail in die beeld, asof ek 'n swaard en vlerke gesien het en 'n kleed met baie voue. Ek kon nie meer sien nie, want my aandag was nie daarop gevestig nie, maar op JaHWeshua wat met my praat. Hy het aangedui dat dit die doodsengel is en dat ek nou weer moet skryf. 

Woord aan Nalize op 14/4/2014: 
Vir die volke van die aarde, 'n oorlogskreet uit die dieptes van die Godheid wat alles gemaak het: 
Dra die las wat jy jouself opgelê het sonder verwyt, want jou kans is verby. Bly by jou geliefdes, want die uur van skeiding en pyniging word uitgeroep. Breek die bande van Babilon oor My kinders dat almal wat enige vorm van gevangeskap gedra het, vrygemaak kan word. Laat die doodsengel sy weg oor die aarde begin en neem wat Ek hom toestaan, want die tyd het gekom. Amein. 
Laat HalleluJaH die kreet wees wat My geliefdes lewend hou, met die wete dat Ek skei, vernietig, hernuwe en bevestig wat Ek Wil. Amein. 
Laat HalleluJaH julle groetwoord word. Laat HalleluJaH julle eerste en laaste woord van elke dag word. Laat snarespel die HalleluJaH in julle inbrand, want die eer kom My toe. HalleluJaH. Amein. 
Mag die woorde, die erns en diepte van My bedoeling daarmee, in jule gees neerslag vind en My saad in julle natlei, dat die vrug wat Ek geskape het en uit My is, kan Lewe kry. Amein. 
Ek, JaHWeshua, julle Man, het elkeen van hierdie woorde op die klip van julle harte gegraveer. Hou hierdie wette en deel in die Liefde wat Ek op die aarde laat oorbly. Amein. 

Met die einde van hierdie woorde het ek gesien hoe JaHWeshua 'n dun rooi lyn of streep trek onder hierdie geskrewe woorde tot in die oneindigheid in.