Boodskap No 17 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013
Boodskap No 17 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013
Weer DAAG EK JULLE
IN JULLE AANGESIG IN DIE NAAM VAN JAHH! JULLE wat die volk van Elohim valslik lei
en wie van Satan en sy agente is, hoor die woord van Elohim. EK IS wat EK IS spreek,
Ek sal julle afbreek en julle lewe spaar, sodat julle geopenbaar kan word onder
My volk vir al die boosheid wat julle in My Naam gedoen het. Julle sal 'n skandvlek
onder My volk word, so groot sal hul weersin wees om selfs julle naam te hoor. Julle
dink om My kneg, My kneg Lukaas, 'n boodskapper wat Ek gekies het, te
diskrediteer. Dit is vir My, EK IS wat EK IS wie julle diskrediteer in al julle
boosheid wat julle doen deur julle agente in hierdie plek. Ek sien alles en
weet alles en wandel onder julle! Julle dink Ek is blind, julle dink Ek is dood
en dat Ek niks weet nie, en in julle harte lag julle vir My en spot met My en My
diensknegte. Julle tyd van gemak en status nader sy einde en hulle wie julle
valslik gelei het, sal julle eenparig en met groot woede uitwerp. Met groot
woede sal hulle julle uitdryf! Op hierdie dag brandmerk Ek My kneg Lukaas, 'n
eenvoudige boodskapper, met My brandmerk, 'n vuurwarm versengende merk van
hierdie woorde, sodat almal mag weet dat Ek EK IS wat EK IS hom gestuur het!
Wat julle doen aan hom, doen julle aan My en Ek sal dit honderdvoudig vergeld!
Psalm 118:5-14 (Boek van Herinnering)
5 Uit die
benoudheid het Ek JaHH aangeroep; JaHH het My verhoor in die ruimte.
6 JaHWeH is
vír My; Ek sal nie vrees nie: wat kan ’n adamiet My aandoen?
7 JaHWeH is
vír My as My Helper; so sal Ek dan neersien op die wat My haat.
8 Dit is
beter om by JaHWeH te skuil as om op ‘n adamiet te vertrou.
9 Dit is
beter om by JaHWeH te skuil as om op edeles te vertrou.
10 Alle
nasies het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend
gekap het.
11 Hulle het
My omsingel, ja, hulle het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek
hulle stukkend gekap het.
12 Hulle het
My omsingel soos bye - hulle is uitgeblus soos ’n doringtakvuur; dit is in die
Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het.
13 Jy het My
hard gestamp om My te laat val, maar JaHWeH het My gehelp.
14 JaHH is My
sterkte en lofprysing, en het My Verlossing geword.
EK IS wat EK
IS, julle sal nou My stem hoor, alhoewel julle in die verlede weerstand gebied
het deur hierdie en enige ander kneg deur wie Ek gekies het om met My volk te spreek,
My woord wat Ek kies, te enige tyd wanneer Ek dit kies, sal julle My stem hoor,
selfs al skeur dit julle siel. EK IS wat EK IS sal nou julle haat vir My knegte
vergroot en julle sal nie huiwer om julle drif teen My knegte te spreek nie,
sodat almal die bose haat van julle armsalige siele kan sien en julle sal leer
ken vir wie julle waarlik is, naamlik die dienaars van Satan. EK IS wat EK IS, EK
IS WAT EK IS! Genoeg Lukaas, My woede is vuurwarm teen hierdie bose kwaaddoeners.
GAAN!