Boodskap No 16 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013
Boodskap No 16 van Lukaas Van Hout op 16 September 2013
Skryf Lukaas,
jy sal skryf, al sal daar baie wees wat hierdie woorde sal weerstaan, skryf, want
die goeie kinders van Gam moet weet van My liefde vir hulle. Goeie kinders van
Gam, nie My liewe kinders nie, My goeie kinders van Gam, luister na hierdie
woorde van My boodskapper Lukaas, wat My gehoorsaam as My boodskapper in alles
wat Ek hom vra om te doen, want dit word direk aan julle geskryf deur hierdie
nederige dienaar, sodat julle kan weet en glo Ek, EK IS wat EK IS, Hy wat is,
was en ewig sal wees, Skepper van alle dinge, julle hemelse Vader van Vaders,
is ook saam met julle in hierdie moeilike tye! Selfs nou stuur Ek My Heilige
Gees aan julle en soos wat julle hierdie woorde lees, kan julle weet dit is Ek,
EK IS wat EK IS wat spreek tot julle harte. Goeie kinders van Gam, waarom twyfel
julle aan My liefde vir julle? Waarom dink julle dat Ek julle sou vergeet? Ek
weet van julle vrees en bewing. Ek weet dat julle bose broers en susters julle wil
verlei met verskriklike woede en bedreigings. Vrees nie en Ek sê weer: VREES
NIE. EK IS met julle! In hierdie tye wat kom, sal Ek die vrees vir julle plaas
in die harte van hierdie bose kinders en hulle sal julle vrees wanneer hulle My
in julle sien! Ek sal ook My engele stuur om julle te beskerm. Baie van julle is
gekies om hierdie lewe te verlaat deur hulle hand. Dit is My wil en nie om julle
te straf nie. Dit is vir My doeleindes en My planne vir hierdie tye. Diegene
van julle wat Ek uit hierdie lewe neem, sal sit aan die tafel van Abraham, deur
My genooi vir daardie werke wat julle gedoen het en sal doen om My volk te help
gedurende hierdie tye. VREES NIE! EK IS WAT EK IS sê aan julle op hierdie dag, VREES
NIE en gee oor aan My wil en liefde, sodat Ek julle kan lei gedurende hierdie
tye wat voorlê om die werk te doen waarvoor Ek julle voorberei het om te doen,
want dit is 'n magtige werk, 'n magtige werk wat julle sal doen vir My volk in
hulle uur van nood. Verneder julle nou voor My en laat vaar al julle woede en
bitterheid, want Ek het ook groot seëninge vir julle berei na hierdie tye en julle
sal in vrede en veiligheid woon in julle lande, soos wat julle nog nooit tevore
geken het nie. Soos wat Ek vir julle gesê het in die ander woorde, is Ek selfs
nou besig om My boodskappers in julle eie volk op te rig, wat hierdie woorde sal
bevestig vir julle en julle sal weet dat dit van My gestuur is. My lig, My lig
van waarheid en My Heilige Gees sal skyn van hul aangesigte en so groot sal
hulle liefde wees, dat julle sal ween van blydskap om My woorde te hoor soos
wat Ek dit sal spreek deur hierdie boodskappers wat Ek na julle sal stuur.
Wanneer hierdie bose en Ek sê dit weer vir julle vanuit My eie Mond, BOSE
KINDERS die opdrag gee om My volk uit te roei, LUISTER NIE NA HULLE NIE EN
DRAAI WEG VAN HUL WEË, sonder julle af van hulle af en gaan julle eie weg waarop
Ek julle sal lei en wys. Julle mag niks te doen hê met hulle werke, wat kom uit
die hand van Satan nie, anders sal julle onder die oordele kom wat Ek, EK IS wat
EK IS selfs nou voorberei vir hierdie bose kinders. Wanneer hierdie doodsbevel teen
My volk kom vanuit die monde van hierdie bose kinders, is dit ook My woord wat julle
vertel om My kinders by te staan en om aan hulle hulp te verleen op watter wyse
julle ookal kan. Goeie kinders van Gam, in daardie tye sal julle sien wat baie
van julle voorouers by Bloedrivier gesien het. Julle sal My engele sien staan onder
My volk, VREES NIE, hulle is nie daar om julle seer te maak nie, hulle is aangestel
om My volk te beskerm. Julle mag nie naby hulle gaan nie, hulle is aangestel om
hul opgelegde take te doen. Ek sal julle oë open om hierdie dinge te sien, as
nog 'n bevestiging dat EK IS wat EK IS met julle is. Gaan in vrede, verkondig
die goeie nuus onder julle volk, die Vader van die Vaders, die Voorvader van
die Voorvaders is ook met julle en is lief vir julle!