BOOSKAP AAN NALIZE OP 15 SEPTEMBER 2013

Weer het Ek, Jahshua, jou wakker gemaak om te skryf, want nou is die tyd van verderf en verdrukking hier. Jou volk het jou nodig. Sê vir elkeen wat gereed maak om ver te reis, hulle moet klou aan My, want die reis  gaan dalk nie wees soos en waarheen hulle beoog nie. Sê ook vir elkeen wat goed bymekaar gesit het dat hulle nie moet omdraai om dit te gaan haal nie. Sê vir die wat wag op My Stem, hulle moet hulle aarde gereed hou, want die storm is op hande. Laat niks julle verras en skok nie, want Satan is listig. Hy sal alles probeer om volgelinge vir hom te wen.
Wees nou vasberade om gereed te staan in hierdie nag met bloed aan julle kosyne, soos met pasga in Egipteland, want die tyd van ongesuurde brode gaan uitermate fel wees, maar EK IS met julle wie EK bestem het om die werk vir My te doen.
Ontwaak nou, geroepenes, ontwaak.
 
'Tel: een, twee, drie, vier, vyf, stop.
Tel weer: een, twee, drie, stop.
Tel: een, vyf, tien, stop.
Tel: een, stop.
Draai na jou regtersy, draai na jou linkersy en beur vorentoe as jy niks sien aankom.'
 
Wat beteken DIT? Tel dui op ure, minute en sekondes. Rigtings dui op gebeure. Ek sal dit uitlê aan almal wat My vra. Amein.
 
Weer is EK julle genadig deur hierdie skryfkneg. Weer sal net geringes wil hoor. Hoor tot jou redding. Moenie basuine blaas nie. Ek sal red wie Ek wil. Sorg nou vir jouself en jou gesin. Amein.
Jahshua, Jahweh, JahRuag, verlos. Amein.