Boodskap No 13 van Lukaas van Hout op 12 September 2013

Skryf Lukaas skryf, wee die herders, wee! Ek, EK IS wat EK IS is toornig vandag, EK IS wat EK IS spreek nou direk tot die herders wat My vele kuddes mislei het gedurende hierdie baie jare. Spreek met hulle Lukaas en skryf, wee aan julle, wee julle herders wat gelieg en My volk mislei het, want My oordeel is nou op julle. Vir baie jare het Ek in julle harte gespreek oor die woorde en boodskappe wat julle vir My volk moes bring, om hulle voor te berei vir hierdie tye wat nou oor hulle sal kom. Julle het geweet dat die woorde van My af gekom het! Julle het geweet! Elke keer wat Ek in julle harte gespreek het, was die bevestigings onmiddellik oor die dringendheid van hierdie woorde en boodskappe wat Ek, EK IS wat EK IS gegee het, vrylik en verniet gegee het om aan My kinders oor te dra, maar julle het My verloën! Julle het My verloën, want julle was bang vir die verlies van die valse gemeentes wat My huis besmet het, julle het My verloën, want julle was bang vir die verlies van julle sosiale status, julle het My verloën, omdat julle bang was vir die verlies van julle inkomste en was bang vir die armoede wat julle in julle ydele verbeelding geskep het, en wat nooit so sou gewees het, as julle slegs My wil gedoen het om die woorde wat Ek vir julle gegee het om te spreek om My volk te waarsku nie! Baie het verlore gegaan oor julle, julle vuil herders en nou is julle beker van verderflikheid voor My. Julle was 'n tyd gegee om te bekeer en julle het nie bekeer nie, hoor dan nou die oordele teen julle van My, EK IS wat EK IS. My woord sal nou van julle vlug en nooit weer sal julle in My woord troos vind nie. My woord vertrek van julle af en laat julle in 'n veld agter, sonder riviere van kennis en waarheid wat Ek so graag vir julle wou gegee het, so leeg sal My woord nou vir julle wees. Julle sal My woord met julle hele hart en siel soek en sal net oordeel en vervolging vind van My woord. Sommige sal hierdie woorde hoor en My tog vind en diegene wat My sal vind, sal My woord spreek soos wat Ek hulle sal lei om te spreek, en ongeag watter uur Ek hulle sal vra om te spreek, sal hulle spreek, dag of nag sal hulle spreek, en op enige oomblik wat Ek hulle opdrag gee om te spreek sal hulle spreek en nie meer sal hulle terughou om te spreek nie, so groot sal hulle skuld wees omdat hulle My, EK IS wat EK IS verloën het. Met smart sal hulle spreek, tog sal Ek hulle dra met My krag en My moed; so groot sal hulle skuld wees met die volle bewuswording van die vele kere wat hulle My verloën het oor die vele jare waar Ek My woorde aan hulle gegee het; hulle aangesig sal hulle hartseer weerspieël, hulle stemme sal hulle hartseer weerspieël, maar hulle sal My woorde spreek en sal hulle in 'n nederigheid van smarte spreek. Hulle sal lewe op grond van die uitsluitlike besluitneming van My volk, deur hulle te voed en te versorg, waar Ek hulle ookal heen sal stuur en hulle sal in suiwer nederigheid alles ontvang wat deur My volk aan hulle gegee sal word, sodat hulle sal kan lewe.

EK IS wat EK IS, meer woorde sal na jou toe kom en ook van ander. Daar is niks meer nie, Lukaas, dit is genoeg vir nou.