Boodskap No 9 van Lukaas ontvang deur My op 2 September 2013

Boodskap No 9 van Lukaas ontvang deur My op 2 September 2013

Skryf Lukaas, hierdie keer aan die verraaiers van My volk. Ek het al julle werke gesien, Ek het al julle dade gesien. Ek het al julle verraad gesien, selfs daardie dinge wat julle in die geheim uitgedink het in julle bose harte, selfs dié van julle wat My waarhede geken het en My volk in elk geval verraai het. Ek IS wat EK IS praat vandag direk met julle deur My kneg Lukaas. Ek, EK IS wat EK IS skaam My vir julle, en Ek skaam My in so 'n mate, dat Ek selfs nie eers My Naam voor julle wil uitspreek nie, so groot is julle verraad in My Aangesig. Julle wat nie dadelik berouvol belydenis doen voor die leiers van My volk nie, sal sterf en is reeds dood. Hulle aan wie julle My volk verraai het, lag vir julle en bespot julle en beplan julle dood. Julle sal vermoor en geslag word en hulle sal groot vreugde daarin hê en in julle gesigte lag terwyl julle pleit en smeek om genade; dieselfde genade wat julle betoon het deur julle optrede, wat gelei het tot die wrede slagting van My kinders, toe julle hulle geen genade bewys het nie. Daarom sal geen genade aan julle betoon word nie. Dit is vooraf beskik dat sommige van julle sal ontsnap, net om later gevind te word, in My tyd en vir My doeleindes. EK IS wat EK IS en buiten My is daar geen ander nie en julle het My in My Aangesig beledig, selfs nadat Ek baie na julle gestuur het en julle op vele maniere gewaarsku het teen hierdie verraad wat uit Satan in julle harte ingekom het. Soos wat julle My volk verraai het, sal julle ontrou selfs groter wees en julle sal die volle beloning vir julle dade ontvang; meer as wat julle ooit kan dink om te ontvang. Julle families, wat nie van julle bose dade geweet het nie, sal julle grootste wrekers vir My wees, so groot sal hulle afgryse wees wanneer hulle gelei sal word tot die volle kennis van hierdie waarheid. Sommige van hulle sal julle onmiddellik doodslaan, ander sal julle vasbind en julle bring na die leiers van My volk en daar sal julle voor My volk staan om deur hulle geoordeel te word. In daardie tyd en in daardie dag wanneer julle deur My volk geoordeel word, sal Ek van julle julle arrogansie, hoogmoed, motivering en beweegredes vir julle dade verwyder en in plek daarvan sal Ek julle slegs skande gee en dit nog vergroot. Aan hulle wat sal oordeel oor dié wat julle so verraai het, onthou My woord, EK IS wat EK IS en oordeel hulle volgens My woord en oordeel hulle volgens hulle werke in alle reg en geregtigheid, sodat die hele wêreld kan sien en weet dat EK IS.