22 Februarie 2011 - Boodskap van JaHshua aan Nalize Roets

Stuk 1 – 21/2/2011

Jy het geleer dat alles met loop van tyd groei, soos jou huis. Dit lyk leweloos, tog dwing dit jou as meester om toe te sien tot die groei daarvan. Jy is nie die krag nie, maar EK, die Krag wat deur die huis spreek tot jou om dit te ontwikkel, te onderhou, te verfraai en na behoefte te omlyn, Dit is My Wil dat jy jou met sulke take besig hou. Jou ‘huis’ is waar jou hart is. Dit beteken – jy skep as jou hart by My is EN alles wat jy skep is ‘n produk uit My, waarvan die skepping se skoonheid ‘n teëbeeld is van jou liefde vir My. As jy baie lief is vir My deur jou naaste, sal die skeppings uit jou hand veelvuldig wees en asemrowend. Die sleutel is – bly in jou hart by My, dan is jy skeppend.

Die ‘huis’ wat jy bou is jou bestaansruimte, jou lewe en omstandighede wat jy omvorm, soos die Gees/Krag jou laat groei in My. Wees nie stagnant nie, wees water, wat ‘n werkwoord uitleef. Dit DOEN. Dit omvorm, reinig, suiwer en hou aan beweeg. Jy sal groei saam met My as jy aanhou beweeg. Amein.

Stuk 2 – 21/02/2011

Julle is gereed om te ontvang uit My Heiligheid, Krag en Sterkte, rykdom en seën (in die gees). Al wat Ek van julle vra is om nader aan mekaar te groei in gebed – die ware gebed. Wees vry en wakker om nie ‘n oomblik wat aangebied word uit die hemele te versaak nie, werk vir mekaar. Dra die las van jou naaste deur jou deure oop te maak. Maak jou voorraadskure vol van Krag uit die Hoogte, dat jy wonder werke kan verrig met jou behoeftige naaste onder jou vleuels as reisiger. Hy of sy sal jou wel in die ewigheid dankbaar wees en bly.

EK is suiwerheid, lankmoedigheid, blymoedigheid, en Liefde en leef slegs in jou as jy My vra met verlange om deel te wees van My werkerspan. Jy sal soveel werk hê dat jy nie kan byhou buite My Krag nie – hóé vra jy. Ek spreek : As jy werk het in My, beteken dit dat jou beeld Myne is vir ander. Dit behels dat die struikelblokke gesaai lê in jou weg, omdat ander My deur jou moet leerken. Hoe anders moet hulle My eienskappe of fasette vind? Dit is eenvoudig. Hou jou by die Liefde vir My en jou naaste en jy sal onthou hoe Ek sou optree of van jou verwag om op te tree in elke situasie. Hoe meer jy oefen, hoe stewiger word die toetse of struikelblokke om jou te laat vorder op na die Hoogte in Geloof. Jy is eenvoudig, klein en nietig, maar in My word jy gelei na gelykheid tot My deur  Wysheid en Liefde, die Krag van die Gees. As jy nie gelyk wil wees met My nie, het Ek tog niks om oor te spreek met jou nie. Word My kind, My vrou en liefling en jy het altyd kontak met My, Jou Maker. Amein.

22/2/2011

Ek, Jahshua, spreek, My Vrou:

Onthou julle van alkohol, suiker en brood vir 2 dae (nie vleeslik nie). Onthou julle van vermengde gedagtes met die vyand. Dit sluit in – gaan jou wese na en vind die strydpunte oor nederigheid. Blink weer in My, deur daardie punte te was in My Bloed. Wees getrou. EK IS. Amein.

Stuk 3 – 22/2/2011

Wie sal verstaan as Ek roep van heinde en verre om nader te kom? Wie sal die rus vind in die wete dat hy of sy gehoor gegee het? Wie sal die muntstuk sien val en met ‘n ope hart vol Liefde My toenadering beleef om ewig aan My sy te kom staan? As broers het julle geleef en tog, as die tyd verby is, is broers en vriende nie te vertrou nie, want net Ek ken die harte.

Open nou julle wese dat die dronkenskap van apartheid kan wyk en die heiligheid van Apartheid eerder die plek daarvan kan inneem. Hoe so? Of Hoe nou? Gevra. Ek Is die Heiligheid van Apartheid en jy, jou wil, is die dronkenskap daarvan. Net Ek, die Rots, kan jou die vastigheid bied van wat jy moet uitleef. As Ek jou begin is en alles vul, sal jy My Beeld uitleef en dis waarom die hele stryd van hemel en aarde draai. Amein.

Ek roep julle om My lof te betuig en te verstaan wanneer die vyand jou na hom wil trek. Dit is nie wanneer  jy moet kies tussen geld en armoede of tussen arbei en leeglê of tussen kwaad doen of uitreik nie, maar wel tussen Liefde nalaat of gehoorsaam. Hoe beleef jy die weg van Liefde? Is die Sabbat in jou al lewend? Skyn dit ligdag daarin of moet dit nog in jou breek? Die Sabbat, My vriend, maak van jou My liefling of ‘n blote volgeling of dissipel. Amein.

Dissipels eet saam met My, leef saam met My, en lieflinge bid saam met My. Amein. Leef die ware gebed deur die gis van die fariseërs uit jou lewe te ban en saam met jou broer die Lig van die Sabbat te sien opgaan oor My Volk. Amein.

Wie moet Ek roep om die weëmoed van die verlore seun te sien gebeur? Sal die dag daarvoor ooit kom? Sal die seun sy Vader kom omhels en in nederigheid weer die las van ‘n nageslag wil dra, met die wete dat Ek dit gebied en seen? Wie moet Ek roep?

Ek sal die hardhead van simbale en die sagtheid van snarespel wou benut. Ek sou die Liefde van vrouwees en die afhanklikheid van ‘n kind wou benut, maar nou staan Ek voor die mensdom met die krag van ‘n veer (pen). Ek sien toe hoe elkeen sy besluite neem en weer sy weg gaan, maar Ek roep. Amein.

Ek wil hê My volk (My hartskinders) moet naderkom, moet vreugdevol beleef dat die einde van dae ophande is. Ek wil hê hulle krag in My moet groei by die uur om te verstaan waarheen Ek hulle wil lei. Daarom My Volk, staan Ek as wolkkolom in hierdie hitte van die dag oor julle en spreek as die sagte briesie uit die Suide. Kom nader, verenig julle met My Volk, geroepenes uit die uithoeke van die aarde. Amein.

Soos die winde uit die vier windrigtings waai, sal hulle naderkom uit vrye wil en as eenheid in geloof, lofsange bring (die lied uit die hart) om net aan My Woord gehoor te gee. Amein.

Stuk 4

Ek spreek met elkeen: Die lossing van My soendood het die poorte van die doderyk geopen vir elkeen. Wat sou dit vir die toekomstige geslag beteken? Is die doderyk dan nou tot niet? Nee, in jou is ook ‘n doderyk wat met die aanneeming van My sterfte geen krag of grendels het nie. Jy leef nie meer met ‘n vrees vir die dood en sy duisternis nie. Jy betree die Lig. Amein.

Ek was die eerste wat uit die vlees nie meer net tot My Vader gebid het nie, maar Sy Wil Myne gemaak het en die Dag volmaak as Eerstelig kon binnestap deur My vlees vir My Volk op te offer. Die vlees is die Liefde. Vlees en bloed is Liefde en Krag. Ek het dit prysgegee, sodat Ek vernuwe kon word met ewige vlees en die Vader se Krag my kon opwek om te handel as ‘n wedergeborene. Amein.

Eerste, maar ook laaste. In die val van ‘n volk, lê die Naam van sy leier. Daarom sal Ek dit weer doen. Deur My Krag sal My volk dieselfde pad as Ek loop, sodat die verlore seun vol weëmoed kan terugkeer na My Vaderhuis, waar Ek nou Een is met die Vader en die Vader met My. Amein.

Los die geringes nie op straat nie. Roep Myne van alle oorde bymekaar. Want saam sal julle die dood se angel identifiseer en vreesloos die oomblik nader. Met Liefde. Amein.